song lyrics / Adam Tas / Ek Is Ryk lyrics  | FRen Français

Ek Is Ryk lyrics

Performers Adam TasStella

Ek Is Ryk song lyrics by Adam Tas official

Ek Is Ryk is a song in Afrikaans

Sien die stofpad van my siel ek is moeg ek is droog ek is klaar
Die dag was lank die son bly hoog net ‘n reënwolk en als laat bedaar
Dan sien ek jou staan
En alles word stil

Die windpomp draai sy lemme flou maar die water het lank reeds gestop
Die wind bly teister hou aan draai sy gefluister sit vas in my kop
Dan sien ek jou staan
En alles word stil

Deur die skroei van die son deur die wind
Jou liefde maak my soos ‘n kind
Ek is ryk want jy het my lief
O ek is ryk

Deur die kaalheid van droogte deur vuur
Dan weet ek nog steeds jy is hier
Ek is ryk want jy het my lief
O ek is ryk

Ek vind my rus hier in jou koelte jou stoep my bestemming van vrede
Jy vat my hand kyk in my oë en ek weet als sal uitwerk
Ons Vader sal sorg deur die skroei van die son deur die wind
Jou liefde maak my soos ‘n kind
Ek is ryk want jy het my lief
O ek is ryk

Deur die kaalheid van droogte deur vuur
Dan weet ek nog steeds jy is hier
Ek is ryk want jy het my lief
O ek is ryk

Ooh jou liefde gee my krag
Jou lig verdryf die nag wat weer kommer wil bring

Ek vind my rus hier in jou koelte jou stoep my bestemming van vrede
Jy vat my hand kyk in my oë en ek weet als sal uitwerk
Ons Vader sal sorg
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.
Writer: CHRISTELLE COMBRINK
Copyright: Universal Music Publishing Group

Comments for Ek Is Ryk lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the star
2| symbol to the right of the television
3| symbol to the right of the thumbs up
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid