song lyrics / Adam Tas / Ben Bicycle lyrics  | FRen Français

Ben Bicycle lyrics

Performer Adam Tas

Ben Bicycle song lyrics by Adam Tas official

Ben Bicycle is a song in Afrikaans

Ou Ben Bicycle was ‘n legend in die Gamtoosvallei
Hy’t gewerk by die koöperasie
Tien myl ver van sy huis

Sy fiets die het nie gears nie
Teen die bulte moes hy stap
En almal het sy tune geken wat hy fluit so langs die pad

Ou Ben Bicycle
Ou Ben Bicycle

Ou Ben Bicycle het daai dikwiel van hom getrap
Met sy kosblik op sy carrier
En ‘n half-jack in sy sak

En orals langs die hardepad hoor jy hoe hy fluit
En sometimes klink dit sweerlik
Of die speke ook die wysie kry

Ou Ben Bicycle
Ou Ben Bicycle

Eendag het ek hom voorgekeer
Terwyl hy werk toe ry
En probeer uitvind waar hy daardie wysie kry?

Hy sê my laanie
Ek het dit eenkeer lank terug gehoor
Ek ken nie die naam nie maar dit val so lekker op die oor

Ou Ben Bicycle
Ou Ben Bicycle

En een aand terug huis toe terwyl hy fluit fluit ry
En hy het bietjies te veel courage
Uit sy half-jackie uit gekry

En êrens teen ‘n afdraand het hy ‘n trekker over take
Hy’t nooit die lorrie sien kom nie
Ek weet nie hoe het hy gekyk

Ou Ben Bicycle het daai aand sy Meester ontmoet
O en almal op hierdie aarde
So fluit-fluit gegroet

En partykeer partykeer laatnag langs die harde ou grondpad
Hoor jy sy ou wysie
Wat hom altyd huis toe sou vat
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Ben Bicycle lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the target
2| symbol to the left of the envelope
3| symbol at the bottom of the thumbs up
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid