song lyrics / Adam Tas / Draadloosdae lyrics  | FRen Français

Draadloosdae lyrics

Performer Adam Tas

Draadloosdae song lyrics by Adam Tas official

Draadloosdae is a song in Afrikaans

Die son gooi mirages in die vaal ou Karoo
My pa draai die Blaaupunkt se volume tot bo
En ons luister vir Elvis Oom Gé en Koos Dup
En die ou bruin Audi vreet die myle stuk vir stuk op

In die klipkerk se skadu op Graaf-Reinet
Is die bruin kar se tenk vol en die drywer mik regs
Ooh om na die verkwikking weer rigting te kry
En die windpomp waai vir my as ons verby ry

En onthou jy nog die draadloos dae
Van storietyd op Siembamba?
En my oupa wat tussen die stasies wonder
Wat die hel doen Andre Stander?

Ooh en onthou jy nog die draadloos dae
Met ouma wat so biddend vra?
Sal die weerman ons van die reën kom vertel
Wat sy so op haar knieë bly bestel?
Wat sy so op haar knieë bly bestel?

En sometimes verlang ek na die ou Karoo plaas
Met sy wilgerboom sunsets en die draadloos wat raas
Ja die eighties voel soos 'n duisend jaar terug
Maar Koos Dup se woorde hang vir altyd in die lug

En 'n glimlag lê diep in die lyne om sy oë
Van 'n man wat net in die Bybel en die twee uur nuus glo
En 'n kort ronde tannie wat agter hom staan
Met 'n vaatdoek en 'n vlieëplak sal sy self die droogte verjaag

En onthou jy nog die draadloos dae
Van storietyd op Siembamba?
En my oupa wat tussen die stasies wonder
Wat die hel doen Andre Stander?

Ooh en onthou jy nog die draadloos dae
Met ouma wat so biddend vra?
Sal die weerman ons van die reën kom vertel
Wat sy so op haar knieë bly bestel?
Wat sy so op haar knieë bly bestel?
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Draadloosdae lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the target
2| symbol to the left of the cross
3| symbol to the left of magnifying glass
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid