paroles de chanson / Koos Du Plessis parole / Koue-Vuur lyrics  | ENin English

Paroles de Koue-Vuur

Interprète Koos Du Plessis

Paroles de la chanson Koue-Vuur par Koos Du Plessis lyrics officiel

Koue-Vuur est une chanson en Afrikaans

Die kole gloei soos vroeër aande
Maar die vuur is in my kop
En 'n ysige wind skroei my hande
Vas om die beker met dop

Die ryp is 'n vlam om my voete
Maar die koue brand in my bors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors

Met 'n koue hart tot die môre-uur drink ek teen die vuur in my kop
En ek voel die koue, ek voel die vuur vreet my stuk-stuk op
Vreet my stuk-stuk op

Daar's te veel met die wêreld gefoeter
Daar's te veel met die mense gemors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors

Met 'n koue hart tot die môre-uur drink ek teen die vuur in my kop
En ek voel die koue, ek voel die vuur vreet my stuk-stuk op

En die helde na al die geploeter
Lê diep in die aarde se kors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors

Met 'n koue hart tot die môre-uur drink ek teen die vuur in my kop
En ek voel die koue, ek voel die vuur vreet my stuk-stuk op

Met 'n koue hart tot die môre-uur drink ek teen die vuur in my kop
En ek voel die koue, ek voel die vuur
Vreet my stuk-stuk op
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Koue-Vuur

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de la valise
2| symbole à droite de l'appareil photo
3| symbole à droite du smiley
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid