paroles de chanson / Koos Du Plessis parole / Jantjie Van Die Berge lyrics  | ENin English

Paroles de Jantjie Van Die Berge

Interprète Koos Du Plessis

Paroles de la chanson Jantjie Van Die Berge par Koos Du Plessis lyrics officiel

Jantjie Van Die Berge est une chanson en Afrikaans

Lank gelede by die kloof van die Magaliesberg se hang
Toe die wat dit vertel nog kinders was
Het 'n siel geswerf wat kind was maar op sy manier 'n man
Gebore om die berge op te pas

En as die donderwolke saamsweer teen die kranse by die kloof
En die dag word soos 'n sterrelose nag
En die dreuning van die donder elke ander klank verdoof
Het almal op sy vreugdeslied gewag

Want die kranse was sy mure en die hemel was sy dak
En sy vriende was die donder en die reën
En wanneer hy klippe bergaf rol en doringboompies knak
Was hy die berg die storm alles een

En die bliksem skeur die hemel en die wind se wolwehuil
Nooi die berg se stroefste bome vir die dans
En mens en dier wat vreesbevange teen die storm skuil
Hoor sy lied weerklink van krans tot krans

Lank gelede by die kloof van die Magaliesberg se hang
Na nagte teen die kranse in die reën
Het 'n siel gesterf wat kind was
Maar op sy manier 'n man
En daarna was die berge weer alleen

Tog die mense die vertel my as jy op 'n stormnag
Sy spoor vat teen die krans uit en daar skuil
Hoor jy soms iemand iewers bo die donderslae lag
En somtyds weer dan hoor jy iemand huil
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Jantjie Van Die Berge

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite de la cible
2| symbole en bas du téléviseur
3| symbole en bas de la calculatrice
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid