song lyrics / Saarkie / Sally Williams Nougat lyrics  | FRen Français

Sally Williams Nougat lyrics

Performers SaarkieJak de Priester

Sally Williams Nougat song lyrics by Saarkie official

Sally Williams Nougat is a song in Afrikaans

Ek het jou dopgehou
Met ‘n jas in jou hand
Deur doeane gespook
Na ‘n nuwe land

Jou oë was nat gehuil
Maar jou hart was braaf
Mens is eenkeer jonk
Mens is eenkeer laf

Daar lê ‘n vreemde daarbuite
Lê ‘n pond of twee
Selfs die liefde kan wag
Ja die tyd sal leer

Maar ek moet nou gaan
Ek sien jou eendag weer
Deur die internet
Kan ons nog kommunikeer

Ek mis die Dinsdagaand movies by die Brooklyn Mall
Ek mis die stoei geveg sessies as ek oor jou rol
Ek mis die Sally Williams nougat by die Groenkloof Spar
Ek mis die lekker sagte leerseats van jou nuwe kar

Ek mis die koffie met die skuim op en jou stywe jean
Ek mis die vat van jou hande in ‘n moviescene
Ek mis jou naam op my foon en jou SMS
Ek mis jou mond en jou hande en ook al die res
Ek mis die Sondagoggend breakfast en jou DSTV
Ek mis jou liefde jy’t belowe jy vir my nog sou gee

‘n Brief in die pos is wat ons liefde was
Ek en jy is met die tyd belas
Vir die eerste maand was my hart verniel
Oral waar ek kom is ek ‘n derde wiel

Maar die tyd sal leer
Was ons woorde
Ek het lief was jou brief
Jy’s ‘n poet my ding jy moet aanhou sing
Deur die internet
Praat ons gou gou weer

Ek mis die Dinsdagaand movies by die Brooklyn Mall
Ek mis die stoei geveg sessies as ek oor jou rol
Ek mis die Sally Williams nougat by die Groenkloof Spar
Ek mis die lekker sagte leerseats van jou nuwe kar

Ek mis die koffie met die skuim op en jou stywe jean
Ek mis die vat van jou hande in 'n moviescene
Ek mis jou naam op my foon en jou SMS
Ek mis jou mond en jou hande en ook al die res

Ek mis die Sondagoggend breakfast en jou DSTV
Ek mis jou liefde jy't belowe jy vir my nog sou gee
Ek mis jou liefde jy't belowe jy vir my nog sou gee
Ek mis jou liefde jy't belowe jy vir my nog sou gee

Maar ek moet nou gaan ek sien jou eendag weer
Deur die internet kan ons tog kommunikeer
Daar lê 'n vreemde daarbuite
Lê 'n pond of twee
Selfs die liefde kan wag
Ja die tyd sal leer
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Sally Williams Nougat lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the target
2| symbol at the bottom of magnifying glass
3| symbol to the left of the trash
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid