song lyrics / Louis Brittz / Psalm 139 lyrics  | FRen Français

Psalm 139 lyrics

Performer Louis Brittz

Psalm 139 song lyrics by Louis Brittz official

Psalm 139 is a song in Afrikaans

U ken my sien dwarsdeur my of ek sit of ek opstaan U’s met my paaie bekend
U sluit my in neem my in besit
Die wete oorweldig my is ver bo my begrip
Waar sou ek gaan waarheen sou ek vlug as ek soek in die hemel of diep in die dood is U daar

Ek wil U loof want U het my fyn aanmekaar geweef
In moederskoot het U my kunstig gemaak
Geen been van my was vir U oë verborge nie
My lewensdae is toe reeds deur U bepaal, ek loof U

Hoe wonderlik is U gedagtes vir my
Hoe magtig, deurgrond my Heer deursoek my hart en my weë
Lei my op die regte pad

Vlieg ek ver oos of woon ek wes
Ook daar lei U hand my U regterhand hou my vas
Al vra ek die nag om my weg te steek
Vir U is die donker soos lig en die nag soos dag

Ek wil U loof want U het my fyn aanmekaar geweef
In moederskoot het U my kunstig gemaak
Geen been van my was vir U oë verborge nie
My lewensdae is toe reeds deur U bepaal, ek loof U

Hoe wonderlik is u gedagtes vir my
Hoe magtig, deurgrond my Heer deursoek my hart en my weë
Lei my op die regte pad

U ken my paaie
U sien my raak
U ken my woorde
Nog voor ek dit praat

U’s wonderbaarlik
Ver bo my verstand
En wat U gedoen het
Vul my met ontsag

Hoe wonderlik is U gedagtes vir my
Hoe magtig, deurgrond my Heer deursoek my hart en my weë

Hoe wonderlik is U gedagtes vir my
Hoe magtig, deurgrond my Heer deursoek my hart en my weë
Lei my op die regte pad
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Psalm 139 lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the thumbs up
2| symbol to the left of the house
3| symbol to the right of magnifying glass
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid