song lyrics / Jan Rhaap / Afrika lyrics  | FRen Français

Afrika lyrics

Performers Jan RhaapJuan Boucher

Afrika song lyrics by Jan Rhaap official

Afrika is a song in Afrikaans

Die son skryf sy gedigte waar hy gaan
Die kinders hang hul drome teen die maan
Die Serengeti-vlakte bring sy vrede
‘n Groot trek het begin hier lank gelede

As jy gaan vat my ook tog net saam
En in die sand skryf asseblief my naam
En in die sand skryf asseblief my naam

Afrika loop in my bloed
Soos nektar wat ek proe
Soos heuning in die soet

Afrika loop deur my bloed
Stadig vorentoe
Stadig vorentoe
Afrika my bloed

Die naggeluide val hier oor die vuur
‘n Kerslig vorm prentjies teen die muur
Etosha Panne bring jou siel na water
En roep die rustigheid ‘n bietjie nader

As jy gaan vat my ook tog net saam
En in die sand skryf asseblief my naam
En in die sand skryf asseblief my naam

Afrika loop in my bloed
Soos nektar wat ek proe
Soos heuning in die soet

Afrika loop deur my bloed
Stadig vorentoe
Stadig vorentoe
Afrika my bloed

Afrika loop deur my bloed
Stadig vorentoe
Stadig vorentoe
Afrika my bloed
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Afrika lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the thumbs up
2| symbol to the right of the star
3| symbol at the bottom of the trash
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid