song lyrics / Carike Keuzenkamp / Josef lyrics  | FRen Français

Josef lyrics

Performer Carike Keuzenkamp

Josef song lyrics by Carike Keuzenkamp official

Josef is a song in Afrikaans

Josef se broers was jaloers op hom en hul gooi hom in 'n put
Vreemde mans kom toe daar aan en die broers maak 'n skelm plan
Hul sê die mans kan vir Josef koop en hul vat hom daarvan daan
Die broers sê vir Jacob, hulle pa, 'n dier het hom dood gemaak

Josef
Arme Josef
Jou pa se hart
Is baie seer
Josef
Arme Josef
Wat is die les
Wat jy moet leer

Josef gaan werk by Potifar, 'n ryk Egiptenaar
Josef doen goeie werk en hy kom met almal klaar
Potifar se vrou was jaloers op hom sy vertel 'n groot vet leun
Potifar die glo vir haar en gooi Josef in die tronk

Josef
Arme Josef
Jou pa se hart
Is baie seer
Josef
Arme Josef
Wat is die les
Wat jy moet leer

In die tronk was daar twee ander mans, hul albei het gedroom
Josef het 'n gawe gehad om drome uit te lê
Vir die skinker gee hy goeie nuus hy word uit die tronk gelaat
Die baker was nie so gelukkig nie en hy is dood gemaak

Josef
Arme Josef
Wat is die droom
Wat jy uitlê
Josef
Arme Josef
Daar in die tronk
Wil jy iets sê

'n Nag het die Pharo baie gedroom dit het hom erg ontstel
Hy vra toe wie kan drome uitlê en die skinker het hom vertel
Josef word uit die tronk gehaal, hy verklaar Pharo se droom
Sewe jaar sal dit baie goed gaan maar dan's daar hongersnood

Josef
Word onderkoning
Hy trek die mooiste
Mooi klere aan
Josef
Kyk wat doen Josef
Hy bou groot skure
En stoor die graan

Na sewe jaar toe dit droogte word kom sy broers in Egipte aan
Hulle weet nie hy is Josef nie en Josef maak 'n plan
Hy toets hoe hulle harte is en hy stuur hul weg met graan
En sê kom terug met Benjamin, dis sy jongste broer se naam

Josef
Baie slim Josef
Het jy ook na
Jou broers verlang
Josef
Binnekort Josef
Sien jy dalk gou-gou
Gou weer jou pa

Hulle kom toe terug met Benjamin en voor hul weer moet gaan
Sit Josef 'n beker in sy broer se sak daar tussen al die graan
Net voor hul by die hek uitgaan tree die wagte hulle aan
Hulle vang toe daar vir Benjamin en sy broers se oë traan

Josef
Kyk nou na Josef
Jou broer se harte
Dit is bekeer
Josef
Hoe bly is Josef
Sy boeties het
'n Les geleer

Josef was so groot oorstelp en sy broers buig voor hom neer
Hy sê vir hulle wie hy is, hy moes hul 'n lessie leer
Hy stuur hulle om sy pa te kry en sê hulle moet hier kom bly
Toe Jacob weer aan Josef vat het hul hardop saam gehuil

Josef
Kyk nou na Josef
Jou lewe laat
Ons mooi verstaan
Josef
Dat deur vergifnis
Bring liefde tog
Familie saam

Bring liefde tog
Familie saam
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Josef lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the camera
2| symbol at the top of the eye
3| symbol to the left of the house
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid