song lyrics / Carike Keuzenkamp / As Die Sirkus Kom lyrics  | FRen Français

As Die Sirkus Kom lyrics

Performer Carike Keuzenkamp

As Die Sirkus Kom song lyrics by Carike Keuzenkamp official

As Die Sirkus Kom is a song in Afrikaans

Maandag, Dinsdag, Woensdag ook loop die skoolwerk nes 'n spook
Oral moet ek net my beste lewer
Optel aftrek, maal en deel, pleks van lag en buite speel
Dis genoeg om van te loop en bewe

Maar eenkeer elke jaar skuif ek die skool werk eers opsy
Want dan gebeur die mooiste ding vir my

Want as die sirkus kom
Is daar 'n vonkel in my bloed, dis 'n mallemeule, huppel, rondomtalie
Want as die sirkus kom
Aanskou die dorp 'n bonte stoet en jy mis iets as jy dit nie betyds haal nie

'n Leeu loer deur die tralies, 'n aap wat trap-fiets ry
En agter by die perde sal jy my altyd kry
Want as die sirkus kom is almal daar
En selfs meneer vergeet van huiswerk gee voorwaar

Groot trom-tromme speel 'n mars, blink poets stewels kreun en knars
Vrolikheid op note deur die strate
Apies spring van wa tot wa, groot en klein loop agterna
Perde stap kiets regop soos soldate

En iewers gaan 'n tent verreis met seile spikkel bont
Ek moet daar wees al sit ek op die grond

Maar as die sirkus ry
Verdwyn die vonkel uit my bloed, ek het moeite met my hartklop en my trane
Want as die sirkus ry
Sien ek die lange bonte stoet, weet ek sirkus pret is weg vir baie maande

Die meisies op die toue, die waens op 'n ry
Aanstaande jaar sal jy my verseker weer daar kry
Want as die sirkus kom, is almal daar
Meneer kan weer vergeet van huiswerk gee voorwaar
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for As Die Sirkus Kom lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the house
2| symbol at the top of the trash
3| symbol at the top of the suitcase
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid