paroles de chanson / Robbie Wessels parole / Tussen Die Duiwel en Die Diep Blou See lyrics  | ENin English

Paroles de Tussen Die Duiwel en Die Diep Blou See

Interprète Robbie Wessels

Paroles de la chanson Tussen Die Duiwel en Die Diep Blou See par Robbie Wessels lyrics officiel

Tussen Die Duiwel en Die Diep Blou See est une chanson en Afrikaans

Jy’t my seker lankal uit jou hart uitgetap
Ek het weggesyfer altyd vergete
Die liefde seker lankal al met ink op papier
Uitgeskryf as iets van die verlede

Hoe vinnig kom die liefde soms en dan is ons nie reg nie
Hoe vinnig maak die hart dan toe as niemand vir hom veg nie
As ek jou net lief kon hê asof niks om te verloor nie
Sou ek jou dalk lief kon hê en niks anders bly oor nie

Op die soutpad bo die heuwels
Tussen die duiwel en die diepblou see
Bestuur sy en baklei hy
Om sy hart vir haar te gee

Want daar is mure hoë mure
Rondom sy hart gebou
En niemand weet nie nie eers hy nie
Of hou hy dan wel van haar

Soos die son se laaste strale in die weste verdwyn
En die lig aangooi op ander kontinente
Soos die herfs vir die somer wag om hallo te sê
Soos swaeltjies vlug op soek na nuwe lente

So gaan ek soms die donker deur maar nooit sonder die maan nie
So gaan ons die seisoene deur ons gaan nie als verstaan nie
Ek dink ek het jou lief gehad maar nie in ons seisoen nie
Ek dink ek het jou lief gehad maar kon niks daaraan doen nie

Op die soutpad bo die heuwels
Tussen die duiwel en die diepblou see
Bestuur sy en baklei hy
Om sy hart vir haar te gee

Want daar is mure hoë mure
Rondom sy hart gebou
En niemand weet nie nie eers hy nie
Of hou hy dan wel van haar

Hou hy van haar? (Daar is mure, hoë mure)
Hou hy van haar? (Daar is mure, hoë mure)
Hou hy van haar? (Daar is mure, hoë mure)
Op die soutpad tussen die duiwel en die diepblou see

Op die soutpad bo die heuwels
Tussen die duiwel en die diepblou see
Bestuur sy en baklei hy
Om sy hart vir haar te gee

Want daar is mure hoë mure
Rondom sy hart gebou
En niemand weet nie nie eers hy nie
Of hou hy dan wel van haar
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Tussen Die Duiwel en Die Diep Blou See

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche du smiley
2| symbole en bas de l'étoile
3| symbole en bas de la loupe
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid