paroles de chanson / Robbie Wessels parole / Onthou Jy Nog lyrics  | ENin English

Paroles de Onthou Jy Nog

Interprète Robbie Wessels

Paroles de la chanson Onthou Jy Nog par Robbie Wessels lyrics officiel

Onthou Jy Nog est une chanson en Afrikaans

As ons stop en bietjie stilstaan
Gly die dag nie net verby
As ons stop en bietjie stilstaan
Sal ons kry

Dat elke donkerwolk ‘n silverrand
Al het ons gely
Sal mooi herinnerings van gister
By jou bly

Onthou jy nog
Die skare se gesnak na hulle asems?
Onthou jy nog
Daai onverwags se skepskop deur die pale?

Onthou jy nog
Die stilte voor die uitbars van die skare?
Onthou jy daardie jare?
Daardie jare

Toe jy die eerste keer geglo het in die liefde
Jy’t blindelings jou maat se hart vertrou
Jy kon kilometers ry na jou geliefde
Daar was geen mure om jou hart gebou
Jy’t vertrou

As die wêreld om ons heen gaan
Kom ‘n nuwe wind verby
As die wêreld om ons heen gaan sal ons kry

Dat ek en jy se stories nie daaronder hoef te ly
Ek en jy se stories word geskryf

Onthou jy nog
Dingaan en Piet Retief en Shaka Zulu?
Onthou jy nog
Die slag van Bloedrivier uMgungundlovu?

Onthou jy nog
Vir Dirkie Uys en Wolraad Woltemade?
Onthou jy daardie jare?
Daardie jare

Maar ons toekoms
Lê nie in ons verlede
Ons hoop
Lê nie in vlees en bloed

Engele staan en wag vir ons gebede
En kom ons op ons paaie tegemoed
As ons vra
As ons vra

Onthou jy nog
Die skare se gesnak na hulle asems?
Onthou jy nog
Daai onverwags se skepskop deur die pale?

Onthou jy nog
Die stilte voor die uitbars van die skare?
Onthou jy daardie jare?
Daardie jare
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Onthou Jy Nog

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de la loupe
2| symbole en haut de la valise
3| symbole en bas de l'enveloppe
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid