paroles de chanson / Piet Smit parole / Woordeliedjie lyrics  | ENin English

Paroles de Woordeliedjie

Interprète Piet Smit

Paroles de la chanson Woordeliedjie par Piet Smit lyrics officiel

Woordeliedjie est une chanson en Afrikaans

Ek soek woorde wat kan heel maak
Uit die boeke van die tyd
Ek soek woorde wat kan toemaak
Daar waar niemand ooit mag kyk

Watter woorde sal kan stilmaak
As die gisters hard wil praat?
Watter woorde kan kom lig maak
As die nag sy donker laat?

O praat met my van yster
O praat met my van hout
O praat met my van asyn en spons
O praat met my van bloed

Ysterwoorde in hout gekap
Asyn op die sop, ‘n purper lap
Yster woorde in hout gekap
Asyn op die sop en bloed wat tap

Ysterwoorde maak heel
Doringkroon woorde is goed vir die pyn
Eli lama sabachthani
Laat my eensaamheid verdwyn

Daar is woorde wat kan heelmaak
Uit die boeke van die tyd
Daar is woorde wat kan toemaak
Daar waar niemand ooit mag kyk

Daardie woorde sal kan stilmaak
As die gisters hard wil praat
Daardie woorde kan kom ligmaak
As die nag sy donker laat
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Woordeliedjie

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite de l'oeil
2| symbole en bas de la cible
3| symbole en haut de la maison
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid