paroles de chanson / Piet Smit parole / Twee Growwe Hande lyrics  | ENin English

Paroles de Twee Growwe Hande

Interprète Piet Smit

Paroles de la chanson Twee Growwe Hande par Piet Smit lyrics officiel

Twee Growwe Hande est une chanson en Afrikaans

My lewe was eensaam, soos 'n lewende hel
Verstote, verlate oor die sere op my vel
Maar ek hoor toe daar's 'n man wat uit Nasaret kom
En ek beur deur die skare tot naby aan Hom

Ek val toe op my knieë en ek roep uit my gees
Here as U net wil kan U my genees
Hy sê toe, Ek wil, en Hy vat toe aan my
Sy twee growwe hande bly my nou nog by

Elke dag het die engel die water kom roer
Maar my lyf was gekluister aan 'n bed op die vloer
Soveel jare by die bad, soveel keer moes ek vra
Dat iemand my tog na die water toe dra

Hy sê toe ek moet opstaan, my bed vat en loop
En skielik was my lyf van al sy lamheid gestroop
Ek weet nie wie Hy was nie, Hy't net gesê ek moet glo
Maar ek onthou Sy growwe hande en die liefde in Sy oë

Vir so lank ek kan onthou het ek alles probeer
Maar niks kon die skande van bloed in my keer
Tot die dag toe Hy daar was, was vir my soos 'n droom
Ek het geweet ek moes net kon raak aan Sy soom

Deur die malende massa was Hy amper verby
Maar ek skrik toe Hy stop en Hy omdraai na my
Hy sê, my dogter deur geloof is jou siekte genees
Teen my wange was Sy twee rowwe hande gewees

En Here Jesus ek staan nou hier voor U in gebed
Die malaatsheid van my sonde is al wat ek het
En soos die lam man van ouds, wil ek U ook nou vra
Dat U my asseblief na die water toe dra

In geloof wil ek uitryk om aan U soom te raak
Dat U my stukkende siel heel kan maak
Ek wil vra dat U my tog genadig sal wees
Om ook U twee growwe hande op my te lê in die Gees
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Twee Growwe Hande

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut du cadenas
2| symbole en bas du nuage
3| symbole en bas du coeur
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid