paroles de chanson / Piet Smit parole / Seilboot lyrics  | ENin English

Paroles de Seilboot

Interprète Piet Smit

Paroles de la chanson Seilboot par Piet Smit lyrics officiel

Seilboot est une chanson en Afrikaans

My lewe is 'n seilboot wat vêr op reis moet gaan
En Jesus is my stuurman wat aan die roer bly staan
God se plan vir my lewe is die wydheid van die see
En die winde wat my aandryf is die Gees wat Hy my gee

Daarom span ek my seile voor die Heilige Gees
Want waar hierdie wind my waai is presies waar ek wil wees
En Jesus stuur my skip se kuur oor God se oseaan
En so kom ek eendag veilig by my eindbestemming aan

Golgota se kruishout is die boegspriet aan die hoof
En die pik tussen die planke is die siel van my geloof

Somtyds moet ek koers kies met 'n skuinshoek teen die wind
Met so goeie Stuurman sal ek weer my rigting vind
Somtyds is daar storms en soms is die wind weer stil
Want die draai van die seisoene word bepaal deur God se wil

En al kraak die mas en die toue teen die wind se volle krag
En al stamp die boeg teen die golwe, ek weet wat op my wag
Soms voel ek hoe die balke teen die storm kragte kreun
En somtyds skep ek water maar ek weet waar gaan ek heen

En ek laai God se liefde soos 'n skatkis aan boord
Bepaal die rigting van my reis met die kaart van Sy Woord

En ek span al my seile voor die Heilige Gees
Want waar hierdie wind my waai is presies waar ek wil wees
En Jesus stuur my skip se kuur oor God se oseaan
Tot ek eendag in volmaaktheid
Op die hemel hawe staan
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Seilboot

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche de la maison
2| symbole en bas de la croix
3| symbole en bas du nuage
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid