paroles de chanson / Piet Smit parole / My eerste liefde lyrics  | ENin English

Paroles de My eerste liefde

Interprète Piet Smit

Paroles de la chanson My eerste liefde par Piet Smit lyrics officiel

My eerste liefde est une chanson en Afrikaans

Net soos in die eerste dae
Weer net glo sonder al die vrae
Ek wil weer naby Jesus wees

Soveel dae is verby
Kosbare tyd verbrand in vuur tot as
Soveel kere weer terug gekyk
Na die verlede wat so maklik lyk
Na hoe my lewe voorheen was

En elke keer maar weer die vrae
Maak hierdie nuwe pad ooit regtig sin?
So moeilik as ek teestand kry
Soveel kere weer met God gestry
Ek wil so graag weer begin

Ek wil weer terug na my eertste liefde
Toe ek nog in geloof kon staan
Ek wil weer leef soos in die eerste dae
Sommer net glo sonder al die vrae
Wil weer na Jesus toe gaan

Ek gaan terug na my eerste liefde
Toe ek vertrou het sonder vrees
Ek wil weer glo Hy's regtig lief vir my
En daarom dankbaar by Sy voete bly
Wil weer naby Jesus wees

En soveel jare lê nog voor
'n Leeftyd nog om Hom getrou te dien
Soveel mense wat moed verloor
Wat die antwoord nog by ons moet hoor
Wat die lig nog sal moet sien

En al kom daar soveel vrae
Wat hou die toekoms dan tog vir my in?
Hoe sal ek my koers bepaal?
En sal ek ooit die wenstreep haal?
Gaan ek tog weer oor begin?

Ek wil weer terug na my eertste liefde
Toe ek nog in geloof kon staan
Ek wil weer leef soos in die eerste dae
Sommer net glo sonder al die vrae
Wil weer na Jesus toe gaan

Ek gaan terug na my eerste liefde
Toe ek vertrou het sonder vrees
Ek wil weer glo Hy's regtig lief vir my
En daarom dankbaar by Sy voete bly
Wil weer naby Jesus wees

Ek wil weer terug na my eerste liefde
Toe ek nog in geloof kon staan
Ek wil weer leef soos in die eerste dae
Weer net glo sonder al die vrae
Wil weer na Jesus toe gaan

Ek gaan terug na my eerste liefde
Toe ek vertrou het sonder vrees
Ek wil weer glo Hy's regtig lief vir my
En daarom dankbaar by Sy voete bly
Ek wil weer naby Jesus wees
Ek wil weer naby Jesus wees
Ek wil weer naby Jesus wees
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de My eerste liefde

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de la cible
2| symbole en bas de la poubelle
3| symbole en haut du coeur
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid