paroles de chanson / Piet Smit parole / Herinneringe Aan Die Overberg lyrics  | ENin English

Paroles de Herinneringe Aan Die Overberg

Interprète Piet Smit

Paroles de la chanson Herinneringe Aan Die Overberg par Piet Smit lyrics officiel

Herinneringe Aan Die Overberg est une chanson en Afrikaans

Het jy al ooit die pad gevat, oor Sir Lowry's pas gery?
Deur die heuwels van die Overberg by Caledon verby?
So ry jy met die vrede wat hierdie grasgroen land jou gee
Deur Bredasdorp rondom Soetmuisberg tot by Waenhuiskrans se see

Kom laat ek jou vertel van hierdie wêreld
Van die duine, die fynbos en die see
Waar die rollende golwe op die koring, die wind
Jou siel weer die ware rus kan gee

En het jy al in die veld gaan loop as die duinevygies blom?
Vir jou 'n vis gekoop as Kassiesbaai se skuitjies huis toe kom?
Dan besef jy in hierdie mengelmoes van kleur en klank en geur
Lê die eenvoud waarvan Jesus sy dissipels wil kon leer

Kom laat ek jou vertel van hierdie wêreld
Waar proteas nog sommer wild die veld versier
Van die toring by elkelas, en Volstruisbaai se plaat
En die pot by Malgas oor die Breë rivier

En het jy al by die Otter, by die baken stil gaan staan?
Net om te kyk hoe die son teen die soutsproei ondergaan
En het jy toe jou Skepper so duidelik met jou hoor praat?
En die eensame roep van 'n seemeeu na sy ma?

Kom laat ek jou vertel van hierdie wêreld
Van 'n dorpie met 'n wit, langtoring kerk
Waar die mense nog soms stilstaan om mekaar die hand te gee
Hier waar Afrika eindelik doodloop in die see
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Herinneringe Aan Die Overberg

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas de la calculatrice
2| symbole à droite de la maison
3| symbole en bas du nuage
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid