paroles de chanson / Manuel Escorcio parole / Kaapse Medley: My Hart Verlang Na Die Boland / Bloubergse Strand / In Die Skadu Van Ou Tafelberg lyrics  | ENin English

Paroles de Kaapse Medley: My Hart Verlang Na Die Boland / Bloubergse Strand / In Die Skadu Van Ou Tafelberg

Interprète Manuel Escorcio

Paroles de la chanson Kaapse Medley: My Hart Verlang Na Die Boland / Bloubergse Strand / In Die Skadu Van Ou Tafelberg par Manuel Escorcio lyrics officiel

Kaapse Medley: My Hart Verlang Na Die Boland / Bloubergse Strand / In Die Skadu Van Ou Tafelberg est une chanson en Afrikaans

My hart verlang na die Boland
Waar die blou blou berge troon
Waar reuse kranse en klowe
Hulle trots en skoonheid toon

O, blou berge van die Boland
Met hul goud getinte kruin
Waar protea en die heide
Kleur die berg se blommetuin

My hart verlang na die Boland
Waar die blou blou berge troon
Waar reuse kranse en klowe
Hulle trots en skoonheid toon

Die golwe weet waar breek die branders
Hulle dink hulle's vry
Die wolke wentel in die hemel maar
Op die winde moet hul ry

Dis vroeg in die dag, op Blouberg se strand
Die wind gaan nog waai, die son gaan nog brand
Maar dis koel na die lang nag
En ons groet die dag

Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind

Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand o, o
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand
Dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand

Die son verrys oor die baai
Waar die suid-oostewind waai
'n Tafelkleed hang oor ou Tafelberg

Ek sien in my drome
Die silwerblaarbome
In die skadu van ou Tafelberg

Daar is 'n traan in my oog
Wat my verlange verhoog
Terug na die skadu van ou Tafelberg

Ek hoop om vir altyd
Te bly sonder afskeid
In die skadu van ou Tafelberg

Kyk hoe maak die kêrel daar 'n Kaapse draai
Kaapse draai, Kaapse draai
Kyk hoe ry die kêrel laat die stof so waai
Stof so waai, aai aai

Luister na die perde, dit galop, galop
En die kar se wiele, dit gaan om en om
Selfs die draaghoud antwoord met 'n klop, klop, klop
En die kêrel skree hardop pasop, ek kom

Wag 'n bietjie vir my by die Kaapse draai
Kaapse draai, Kaapse draai
Ek wil met jou saam ry na Saldanhabaai
Aai, aai, aai, aai, aai

Wag 'n bietjie vir my by die Kaapse draai
Kaapse draai, Kaapse draai
Ek wil met jou saam ry na Saldanhabaai
Aai, aai, aai, aai, aai, yeah
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Kaapse Medley: My Hart Verlang Na Die Boland / Bloubergse Strand / In Die Skadu Van Ou Tafelberg

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut du cadenas
2| symbole à gauche de l'appareil photo
3| symbole à gauche de la calculatrice
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid