paroles de chanson / Manuel Escorcio parole / Vissies lyrics  | ENin English

Paroles de Vissies

Interprète Manuel Escorcio

Paroles de la chanson Vissies par Manuel Escorcio lyrics officiel

Vissies est une chanson en Afrikaans

Ons wandel graag langs die rivier
My dogtertjie lag van plesier
Dan gooi ons saam plat klippies oor die gladde water

Eendag sien ons 'n visserman
Met stok en hoed en koffiekan
Toe begin 'n lank gesprek tot heelwat later

'n Emmer met 'n vissie daar in
So het die hele ding begin
En sy kyk na my met soveel nuwe vrae

Waarom kan so 'n vissie klein
Nie meer by sy ouers bly?
Want 'n vis se lewe duur maar hoeveel dae

Vissies is maar net soos jy
Swem en speel die tyd verby
Voor hul weet of dit verstaan
Moet hul eendag verder gaan

So word dogtertjies ook groot
Nou sit jy nog op my skoot
Maar daar kom 'n ander tyd
Dan raak ek jou 'n bietjie kwyt

Sy slaan haar armpies om my been
Sy sê, ek los jou nooit alleen
Ons hoort saam en dit hoef nooit te verander

En as ek eendag dan moet trou
Wel dan wil ek net met jou
Want ek hou van jou tog meer as enig ander

Ek streel haar sagte, donker haar
En sê jy word gou sestien jaar
Voor jy weet is daar 'n jong man in jou lewe

Van wie jy net soveel sal hou
En miskien ook wel mee trou
Net soos ek, sal hy jou liefhê met sy lewe

Vissies is maar net soos jy
Swem en speel die tyd verby
Voor hul weet of dit verstaan
Moet hul eendag verder gaan

So word dogtertjies ook groot
Nou sit jy nog op my skoot
Maar daar kom 'n ander tyd
Dan raak ek jou 'n bietjie kwyt

Vissies is maar net soos jy
Swem en speel die tyd verby
Voor hul weet of dit verstaan
Moet hul eendag verder gaan

So word dogtertjies ook groot
Nou sit jy nog op my skoot
Maar daar kom 'n ander tyd
Dan raak ek jou 'n bietjie kwyt

Vissies is maar net soos jy
Swem en speel die tyd verby
Voor hul weet of dit verstaan
Moet hul eendag verder gaan
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Vissies

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas du smiley
2| symbole à droite du pouce en l'air
3| symbole à droite de la loupe
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid