paroles de chanson / Joshua Na Die Reën parole / Dromers lyrics  | ENin English

Paroles de Dromers

Interprète Joshua Na Die Reën

Paroles de la chanson Dromers par Joshua Na Die Reën lyrics officiel

Dromers est une chanson en Afrikaans

Eens op 'n tyd het 'n droom gaan lê
In die hart van 'n mens wat 'n droom wou hê
Tyd het verloop en die droom gegroei
Soos hy droom het sy hart met homself bly stoei

Sou hy oor 'n afgrond trap
Met die vlerke wat hy self sou maak
Vrees sou in hom min moes raak
En die hoop in sy droom sou dit waar maak

Iets in haar oë kon die mooi bly sien
En die lig in haar hart sou die wêreld dien
Om alles te gee en om niks te kry
Sou die kreet op haar pad vir haar lewe bly

Sou sy as sy als sou gee
Nog genoeg hê om ook van te leef
Sou sy dan ook als verloor
Sou sy bly staan vir waarin sy glo

Gedagtes het stil in 'n droom gereis
En 'n sel kon sy pad in twee rigtings neig
Spore kon loop waar tyding draai
Hy 'n land se hoop op sy skouers laai

Roep dan oor die vlaktes heen
Waar daar hoop was is daar nou ook seer
Selfsug sou in hom min moes raak
Toe sy woorde die eggo van vryheid maak

Stilte het in die dag oortrek
Toe duisternis oor die aarde strek
Almal't gedink dat hy homself sou spaar
Maar in diepste diep van sy hart was daar

Geheime wat net sou kon leef
As een homself vir almal gee
Almal sou genoeg kon wees
Want vir almal was hy genoeg gewees

Eens het ek lank op 'n berg gaan staan
Om te sien hoe die dag in die nag vergaan
Alles in my het stil geraak
Ek het gedroom ek wil als van my lewe maak
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Dromers

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du coeur
2| symbole en haut de la croix
3| symbole à droite du téléviseur
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid