paroles de chanson / Carike Keuzenkamp parole / Die Wereld Van 'N Kind lyrics  | ENin English

Paroles de Die Wereld Van 'N Kind

Interprète Carike Keuzenkamp

Paroles de la chanson Die Wereld Van 'N Kind par Carike Keuzenkamp lyrics officiel

Die Wereld Van 'N Kind est une chanson en Afrikaans

In die wêreld van 'n kind is daar kleure in die wind
Raak 'n vlieër aan 'n tou aan die hoogste hemel blou
Daar is wondere te vind in die wêreld van 'n kind
Soos 'n vlindertjie wat fraai om 'n blom in sirkels draai

Ons is almal op 'n reis meestal sonder koers of huis
En te dikwels gaan die liefde ons verby
In die wêreld van 'n kind kan ons nog die skoonheid vind
Wat ons weer na paaie van geluk sal lei

Elke kind se drome kring om 'n land waar feëtjies sing
Wat die engeltjies bewaak, waar kabouters grappies maak
Maar miskien is hulle reg wag geluk langs hierdie weg
Is wat hulle altyd voel vir ons almal ook bedoel

Ons is almal op 'n reis meestal sonder koers of huis
En te dikwels gaan die liefde ons verby
In die wêreld van 'n kind kan ons nog die skoonheid vind
Wat ons weer na paaie van geluk sal lei
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Die Wereld Van 'N Kind

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche du nuage
2| symbole en bas de la croix
3| symbole à gauche de l'étoile
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid