paroles de chanson / Carike Keuzenkamp parole / Wouter Kabouter lyrics  | ENin English

Paroles de Wouter Kabouter

Interprète Carike Keuzenkamp

Paroles de la chanson Wouter Kabouter par Carike Keuzenkamp lyrics officiel

Wouter Kabouter est une chanson en Afrikaans

Wouter Kabouter had ’n blink kasteel
Waar die duiwe roep en die apies speel
Maar Wouter Kabouter wou ’n ryperd hê
Om die plek te soek waar die son gaan lê

Wouter Kabouter het ’n perd gekoop
Wat trippe-trap op die langpad loop
Maar die langstertperd het hom afgesmyt
En Wouter Kabouter het die stof gebyt

Waar slaap die son?
Waar gaan hy staan?
Waar is die plek waar die son ondergaan?

Wouter Kabouter lê plat in die pad
En hy huil hom sat dat die trane spat
Maar hy kyk toe op na die riffelpad
En daar kom sy maat, Kerneels die kat

Kerneels die Kat wil toe sommer weet
Wat die rede is vir kabouterleed
En Wouter sê ek wou gaan kyk
Hoe dit anderkant die berge lyk

Want waar slaap die son?
Waar gaan hy staan?
Waar is die plek waar die son ondergaan?

Die kat sê toe, jy’s baie laf man
Slaan die stof van jou klere af
Klim op my rug en kom ons ry
Om die antwoord op jou vraag te kry

Die twee trek weg dat die stof so staan
Met die pad wat om die wêreld gaan
Oor elke land en elke see
En die son gaan mee, die son gaan mee

Waar slaap die son?
Waar gaan hy staan?
Waar is die plek waar die son ondergaan?

Hulle kom toe uit by ’n blink kasteel
Waar die duiwe roep en die apies speel
En daar is die nes van die son ontdek
Op Wouter Kabouter se eie plek

Want daar slaap die son
Daar gaan hy staan
Daar is die plek waar die son ondergaan
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Wouter Kabouter

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de la calculatrice
2| symbole en bas de la valise
3| symbole à gauche du nuage
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid