paroles de chanson / Appel parole / Kalahari lyrics  | ENin English

Paroles de Kalahari

Interprète Appel

Paroles de la chanson Kalahari par Appel lyrics officiel

Kalahari est une chanson en Afrikaans

N Wyse ou jagter het my een aand in die noorde van die Kalahari gesê
Afrika het ons nie nodig nie
Ons het vir Afrika nodig
In my avonture met my musiek
Van die noorde tot die suide
Het ek baie wyshede bekom
Deur om net te luister
Jy sien Afrika het a stem wat saggies fluister
Jy moet net mooi luister
Jy hoor haar in die geritsel van die wind
Deur 'n ou kameeldoring se takke
In die kletter van helder bosveld vuur
Watse vonke een word met die sterre
En die kletsende geraas van die sonbessies
In die bosveld middag verkeer
Sy lag saam as families onder 'n boom piekniek hou
Ek hoor haar as 'n genade boer sy knieg buig
Om vir die Here dankie te sê vir reën
Of net vir nog 'n dag
Sy huil snags saam met die jakkals as die son sak
En sy, soos ek, dink baie het van haar vergeet
En daar is meer in hierdie land
As die gejaag na die volgende fortuin
Die omophoudende kompetisie
Met die samelewing en jou mede mens
Daar is 'n avontuur om elke hoek en draai
Op die val van elke horison 'n nuwe hoofstuk vir jou uit gelê

Hoor hoe roep sy
Hoor hoe roep sy

Verf my hart met bus kruit uit
My bloed die slag pen wat my siel uit spuit
Ek's gebore 'n man van die veld
‘n Dood gewone kaalvoet held
Acacia draai in my vlees vanaand
Soos die mense oor hul jag dae praat
Vir nou is dit die stads gedruis
As die winter kom, is jy my huis

Kalahari, Kalahari roep my nou
Die Here het jou met Sy hand gebou
Ek skiet in die rooi maar vir my die blou
Net drie tellings is my hart by jou

Askham hang op die horison
En die son verskyn soos ‘n hemel blom
Die man se hemel maar die vrou se hel
Het Fanus Rautenbach mooi vertel
Soos die jag begin het die son gaan staan
Want dis min dat hy met die maan kan dans
Daar is bloed getrek nie vêr van daar
Hy't sand gemaak en in sand vergaan

Kalahari, Kalahari roep my nou
Die Here het jou met Sy hand gebou
Ek skiet in die rooi maar vir my die blou
Net drie tellings is my hart by jou

Kalahari, Kalahari duine rooi
God se land die mooiste mooi
Ek sien die silhoeët van 'n gemsbok dans
En ‘n springbok wat op die duin gaan staan

Kalahari, Kalahari roep my nou
Kalahari, Kalahari hemel blou
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.
Auteur: CHRISTOPH (APPEL) KOTZE
Copyright: Warner Chappell Music, Inc.

Commentaires sur les paroles de Kalahari

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du smiley
2| symbole à droite du pouce en l'air
3| symbole à droite de l'oeil
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid