paroles de chanson / Anton Goosen parole / My Stellenbosch Se Nonnatjie Roep My lyrics  | ENin English

Paroles de My Stellenbosch Se Nonnatjie Roep My

Interprète Anton Goosen

Paroles de la chanson My Stellenbosch Se Nonnatjie Roep My par Anton Goosen lyrics officiel

My Stellenbosch Se Nonnatjie Roep My est une chanson en Afrikaans

O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, roep my na die eikelaan
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom, sy roep my en ek moet gaan
O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, sy sê sy is lief vir my
En ek verlang so erg na die Pappegaaiberg, sy het gesê ek kan haar kry

'n Vroumens is nes 'n wille blom, as jy pluk dan verlep hy gou
En 'n roos het dorings, om jou weg te hou, dis 'n manier om te sê ek's lief vir jou
Mansmens is ok 'n snaakse ding, sê nee, dan kerm hy ja
Soos n kind wat skrou en aanhoudend blaas, 'n manier om die jawoord wel te vra

O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, roep my na die eikelaan
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom, sy roep my en ek moet gaan
O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my
Sy sê sy is lief vir my
En ek verlang so erg na die Pappegaaiberg, sy het gesê ek kan haar kry

Verliefdheid is 'n rare ding, dis 'n ding wat ek nie verstaan
Want jy sien net sterre, en 'n halwe maan en jou pote onner jou uitgeslaan
Dis die dat ek nou ok so sing, 'n oond so flink opsaal
En die stof lê so dik en die stof lê so vaal, ons galop om die mooiste blom te haal

O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, roep my na die eikelaan
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom, sy roep my en ek moet gaan
O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, sê sy is lief vir my
En ek verlang so erg na die Pappegaaiberg, sy het gesê ek kan haar kry

Nou hier's ek terug op Coertzenburg, en ek ry die draad verby
En die dorp slaan oë van annekant voor, by Pappegaaiberg wag 'n blom vir my

O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, roep my na die eikelaan
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom, sy roep my en ek moet gaan
O, my Stellenbosch se nonnatjie roep my, sê sy is lief vir my
Ek verlang so erg na die Pappegaaiberg, sy het gesê ek kan haar kry

En ek verlang so erg na die Pappegaaiberg, sy't gesê ek kan haar kry
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de My Stellenbosch Se Nonnatjie Roep My

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite de l'horloge
2| symbole en bas de la valise
3| symbole à gauche de la poubelle
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid