paroles de chanson / Anton Goosen parole / Diep Blou See lyrics  | ENin English

Paroles de Diep Blou See

Interprète Anton Goosen

Paroles de la chanson Diep Blou See par Anton Goosen lyrics officiel

Diep Blou See est une chanson en Afrikaans

Ek het 'n boomhuis by die diep blou see
Ek het 'n liefde wat my vreugde gee
En nat's die honne wat die werf besnuif
Die bye wat die laventel in die tuin bestuif

Soggens kom die sontjie
Oor Duineveldberg gereis, saans is hy granaat wat oor die wes water bloei
Sy stroms uitbreek
Oor die hawemure loei gaan die dolosse keer dat hy met die vrede stoei

Diep blou see, onder by die diep blou see
Ek sit als en dophou uit my boomhuis by die see
Diep blou see, onder by die diep blou see
Maar soms sit ek net en luister na die klanke wat hy gee
Soms sit ek net en luister na die diep blou see

Mossels op die plaat, snoek en galjoen
Die Gansbaai wiele soos hulle die perlemoen noem
Noorkapper walvis wat sy stert so slaan
Witdoodhaai as jy na Duierseiland gaan

Die vuurtoring waarsku dis op rots gebou
Om jou veilig in die donker op koers te hou
Haweliggies flikker een rooi en een groen
Saans as jy jou geliefde goeienag soen

Diep blou see, onder by die diep blou see
Ek sit als en dophou uit my boomhuis by die see
Diep blou see, onder by die diep blou see
Maar soms sit ek net en luister na die klanke wat hy gee
Soms sit ek net en luister na die diep blou see

Diep blou see, onder by die diep blou see
Ek sit als en dophou uit my boomhuis by die see
Diep blou see, onder by die diep blou see
Maar soms sit ek net en luister na die klanke wat hy gee
Soms sit ek net en luister na die diep blou see
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Diep Blou See

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas du cadenas
2| symbole à gauche du casque
3| symbole à droite de l'enveloppe
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid