song lyrics / Laurika Rauch / Jasper Onthou Jy lyrics  | FRen Français

Jasper Onthou Jy lyrics

Performer Laurika Rauch

Jasper Onthou Jy song lyrics by Laurika Rauch official

Jasper Onthou Jy is a song in Afrikaans

Jasper onthou jy ons belofte gemaak
Dat ons mekaar sou liefhê, ons was agt
Ek in my groen skooljurk en jy smart in krieketgoed
Met die duiwe as ons dom’nee ons getuie was ‘n hoed

Jasper onthou jy ek het eenkeer verdwaal
In daai bangmaak populierbos, ons was tien
Ek het stil gaan sit en sag gebid, geweet jy sou my kry
Jy sou soek en soek want niemand was al ooit so lief vir my gewees nie

Maar ons stofpad saam het teer geword, jou spoor kon ek nie sny nie
Ek het weer verdwaal en verdwaal gebly en gehoop jy sou kom soek na my
Maar jou seunskind hart het aanbeweeg, jy’t nou die oë van ‘n man
Jasper onthou ons kleintyd saam, onthou my gou weer
As jy kan

Jasper onthou jy ek was nerf-af geval
Toe daai lang ou my gestamp het, ons was twaalf
Jy’t my opgetel en weggedra, die pleister self geplak
En daai boelie sommer vreesloos in die fietsloods kaalvuis aan gaan vat

Jasper onthou jy toe jy weg moes gaan
Na daai ver dorp innie vreemde, ons was groot
Groot genoeg om seer te kry, te jonk om te kan keer
Better loved and lost than never loved, dit sou die tyd ons hard-hard leer

Maar ons stofpad saam het teer geword, jou spoor kon ek nie sny nie
Ek het weer verdwaal en verdwaal gebly en gehoop jy sou kom soek na my
Maar jou seunskind hart het aanbeweeg, jy’t nou die oë van ‘n man
Jasper onthou ons kleintyd saam, onthou my gou weer
As jy kan

Ek bly nou op ‘n anner plek, het nie lank na jou daar weggetrek
Het jou nommer nou die dag by navrae opgesproor
As ek jou sou bel en sou vertel dat ek steeds van ons twee droom
Sou jy sê jy droom ook steeds van my of is ek lankal reeds verloën

Maar ons stofpad saam het teer geword, jou spoor kon ek nie sny nie
Ek het weer verdwaal en verdwaal gebly en gehoop jy sou kom soek na my
Maar jou seunskind hart het aanbeweeg, jy’t nou die oë van ‘n man
Jasper onthou ons kleintyd saam

Jasper onthou ons kleintyd saam
Onthou my gou weer
As jy kan
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Jasper Onthou Jy lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the trash
2| symbol to the left of the cross
3| symbol to the right of the helmet
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid