song lyrics / Die Heuwels Fantasties / Oorlewing 101 lyrics  | FRen Français

Oorlewing 101 lyrics

Performer Die Heuwels Fantasties

Oorlewing 101 song lyrics by Die Heuwels Fantasties official

Oorlewing 101 is a song in Afrikaans

Hang, hang aan die hemel
En skop om dig grond, maar hier, hier rond is daar
Niks meer oor vir ons nie

Middelmatigheid ons voorland en ons vrees
Jy sal moet vashou en leer om dit te ignoreer

Ons veg om oorlewing
Ons bewys ons bestaan
In 'n tweeslaapkamerwoonstel waar jy sukkel om te slaap

Ons kaste is leeg
En ons traankliere soveel leër
Ons laaste spandeer om die vaal dae in te kleur

Ek wag geduldig vir die dag
Die dag breek dig oor 'n jong gesig
Die sonstrale breek deur blou lug en blare
As ek dit net met oortuiging kan doen

Onder die wilgerboom kom ek vermom saggies in jou oordrom
Gesê ek sou jou vir altyd kon vashou
Gesê jy sou my kon vertrou

Ons veg om oorlewing
Ons bewys ons bestaan
In 'n tweeslaapkamerwoonstel waar jy sukkel om te slaap

Ons kaste is leeg
En ons traankliere soveel leër
Ons laaste spandeer om die vaal dae in te kleur

Wag vir my daar by die brug, ons kan hier uitkom as ons wil
Ons moet net wil
In hierdie verniet Vibracrete verbruikersvriendelike paniek
Hiperventileer ons
Masturbeer die dae ons
Afhanklikes van wat ons is
Matigheid voor oë
Stadig oor die klippe, hou die blink kant bo

En ons veg om oorlewing
Jy bewys ons bestaan
In 'n tweeslaapkamerwoonstel waar jy sukkel om te slaap

Ons kaste is leeg
En ons traankliere soveel leër
Ons laaste spandeer om die vaal dae in te kleur
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Oorlewing 101 lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the star
2| symbol to the left of the envelope
3| symbol at the bottom of the calculator
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid