paroles de chanson / Snotkop parole / Dis 'n Land lyrics  | ENin English

Paroles de Dis 'n Land

Interprète Snotkop

Paroles de la chanson Dis 'n Land par Snotkop lyrics officiel

Dis 'n Land est une chanson en Afrikaans

Gee my 'n oomblik asseblief, laat ek vertel
Van 'n land waarin ek woon en drome droom, wel!
Gee my 'n oomblik en onthou van al daai dae
Was net 'n laaitie in die Vrystaat op die plaas, ja!
Onthou daai dae van waterlemoen en potjiekos
Brandewyn en Coke om die probleme op te los
En Tannie Carike op die radio wat sing
En ons skree hard vir die Bokke
Om die beker terug te bring, ja!
Hierdie land, wat my geluk bring

Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my

Gee my 'n oomblik asseblief, laat ek vertel
Van 'n land waarin ek woon
En al die drome wat ek droom, wel!
Gee my 'n kans om te verduidelik hoe dit voel
Om met trots te sê ek is Afrikaans en dit te kan bedoel
Om 'n Bunny Chow te eet en die Madiba jive te doen
Die Huisgenoot, Stellenbosch en Mannetjies Roux
Dis die Cape Flats, die kaptein Loftes toe
Maak jou venster wawyd oop as jy Namakwaland toer
En voel die wind as my land jou roep

Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my

Gee my 'n oomblik asseblief laat ek jou wys
Hoekom noem ek hierdie crazy land nog my huis
Dis die land van goeie hoop en Tassenberg
Die ghoema in jou bloed en die kombers oor Tafelberg
Altyd gedroom om te kan wees soos David Kramer
En elke liewe Sondag was dit tyd vir die Onse Vader
Seën asseblief hierdie land van in ons woon
En al die ander mense wat soos ek van vrede droom
En liefde volop soos die sterre in die Klein Karoo

Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my

Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank (Dis 'n land)
Dis 'n land waar almal na strewe (Almal na strewe)
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my
('n Blyplek vir my)
Ook 'n blyplek neerlê vir my
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Dis 'n Land

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du smiley
2| symbole en haut de la poubelle
3| symbole en haut de l'enveloppe
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid