paroles de chanson / Robbie Wessels parole / Sein in Die Hemel lyrics  | ENin English

Paroles de Sein in Die Hemel

Interprète Robbie Wessels

Paroles de la chanson Sein in Die Hemel par Robbie Wessels lyrics officiel

Sein in Die Hemel est une chanson en Afrikaans

Waar ry jy? Hoe’s die shows?
En hoe gaan dit nog met jou?
Sms ek op die langpad vir jou

Jy's iewers naby Beaufort
Waar is ek?
En hoekom vra ek waar is jy?
Ek sing by 'n casino
Wou net hoor hoe gaan dit daar by jou?

Jy moet veilig ry reply jy
En dankie vir die inpop
En dis toe waar ons sms’e stop

En ek wonder of jy weet
Hoe baie harte jy geraak het?
En ek wonder of jy weet
Hoe jy mense bly gemaak het?
En ek wonder of jy weet?

Of is daar sein in die Hemel?
As daar is stuur vir my 'n boodskap
Stuur vir my nog eenmaal waar jy ry
En waar gaan julle oorslaap

Is daar sein in die Hemel?
As daar is stuur 'n SMS
Dis leeg tussen die feeste
Ek belowe ek probeer my bes

Dis stil hier
Hier's water
Hier's riete en kanale
Waar ek sit en dink aan woorde vir jou

Ek kyk op
Vra om hulp
Gee my woorde
Woorde vir jou hart

Een brekfis was genoeg om te weet
Daar is engele rondom ons
As ons mooi kyk sal ons sien
Daar's baie seine
Hoe wens ek jy was vir 'n rukkie myne

En ek wonder of jy weet
Dat ek jou altyd sal onthou?
En ek wonder of jy weet
Hoe erg verlang mense na jou?
En ek wonder of jy weet?

Of is daar sein in die Hemel?
As daar is ek stuur vir jou 'n boodskap
Ek stuur vir jou nog eenmaal
Waar ek is waar ek vanaand gaan oorslaap

Is daar sein in die Hemel?
As daar is ek stuur 'n SMS
Jy is in die Hemel
En ek
Ek’s by Bronkhorstspruitdam
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Sein in Die Hemel

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche de l'oeil
2| symbole à gauche de la valise
3| symbole en bas du casque
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid