paroles de chanson / Robbie Wessels parole / O, Die Bokke lyrics  | ENin English

Paroles de O, Die Bokke

Interprète Robbie Wessels

Paroles de la chanson O, Die Bokke par Robbie Wessels lyrics officiel

O, Die Bokke est une chanson en Afrikaans

As ek opstaan
Met my Springboktrui nog aan en my tokse en my skrumpet op my laai
Trek ek my broek aan
En ek luister na die haan wat so windgat bo my kamervenster kraai

Dan eet ek slappap
Lees die koerant hier op my deurtrap oor die Hane en die Kiwi’s teen die Bok
Net voor ek terugstap
Trap ek op ‘n ou nat vloerlap en ek gly en val soos Gregan op my kop

Nou droom ek ek draf op teen die Hane en die Aussies
En ek draf op teen die All Black span
En die hele bladdy land is op hulle tone
Want ek drop en ek skop saam met 14 man

Nou droom ek verder
Hoe die senuwees vererger as Habanana ‘n skip pass vir my gooi
Nou hol ek lekker
En my bene voel al sterker maar die volgende oomblik sien ek rooi

Ek voel ‘n steekpyn
Reg onder my broeklyn asof iets my onophoudelik wil stuit
Ek sien ‘n lig skyn
Ek’s by my volle bewusyn dit is Mallie my Jack Russel wat my byt

Nou wens ek ek draf op teen die Hane en die Aussies
En ek draf op teen die All Black span
En die hele blady land is op hulle tone
Want ek drop en ek skop saam met 14 man

O die Bokke (o die Bokke)
O die Bokke (o die Bokke)
Oh die Hane en die Kiwi’s kan maar weet

O die Bokke (o die Bokke)
O die Bokke (o die Bokke)
Ja die Aussie’s en die Iere kan vergeet

As ek opstaan
Met my Springboktrui nog aan en my tokse en my skrumpet op my laai
Trek ek my broek aan
En ek luister na die haan wat weer windgat bo my kamervenster kraai

Dan eet ek slappap
Lees die koerant hier op my deurtrap oor die Hane en die Kiwi’s teen die Bok
Net voor ek terugstap
Soek ek weer die ou nat vloerlap en ek gly en val soos Gregan op my kop
Ja ek gly en val soos Gregan op my kop

Ons draf op teen die Hane en die Aussies
En ons draf op teen die All Black span
En die hele blady land is op hulle tone
Want ons drop en ons skop ons is 15 man

O die Bokke (O die Bokke)
O die Bokke (O die Bokke)
Oh die Hane en die Kiwi’s kan maar weet

O die Bokke (O die Bokke)
O die Bokke (O die Bokke)
Ja die Aussie’s en die Iere kan vergeet

O die Bokke (O die Bokke)
O die Bokke (O die Bokke)
Oh die Hane en die Kiwi’s kan maar weet

O die Bokke (O die Bokke)
O die Bokke (O die Bokke)
Ja die Aussie’s en die Iere kan vergeet

Ons draf op teen die Hane en die Aussies
En ons draf op teen die All Black span
En die hele blady land is op hulle tone
Want ons drop en ons skop ons is 15 man
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de O, Die Bokke

Nom/Pseudo
Commentaire
#1 Britse Afrikaner
14/09/2022 à 15:31:13
Lekker! (Musiek: "500 Miles" van The Proclaimers)
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du nuage
2| symbole à droite du casque
3| symbole à gauche du smiley
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid