paroles de chanson / Robbie Wessels parole / Hartswater lyrics  | ENin English

Paroles de Hartswater

Interprète Robbie Wessels

Paroles de la chanson Hartswater par Robbie Wessels lyrics officiel

Hartswater est une chanson en Afrikaans

Met pleister en verbande plak en fix ons al ons wonde
Met antibiotika maak ons alles reg
Ons gooi Dettol in die water en ontsmet dan al die kieme
Vitamien B Kompleks sort ons uit oornag

Maar hoe plak mens 'n pleister in die diepste koudste duister?
Hoe plak mens ‘n pleister op ‘n hart?
Is daar spesiale kruie vir die siel se diepste snye
Iets behalwe rooiwyn vir die pyn?

Want ek dink dit was so kwart voor elf
Toe ek weer in my hart gaan delf
En sien jy's nie meer daar nie
Jy's vervang

Ek’s terug by die beginstreep
Op ‘n plaasmeisie verlief
Liewe Jesus ek vra mooi
Help my asseblief

Daar’s nog trane in my hande
Nog skade in my lande
Ek's verlief
Ek weet ek is verlief

Hartswater was vir niemand so soet nie
Soos vir my op die teerpad om vir jou te kom groet nie
Hartswater was vir niemand so soet nie
Soos vir my op die grondpad om jou weer te ontmoet nie

Tussen hoenders en Brahmanbeeste en stroopsoet waatlemoene
Droom ek saans van jou as die wind waai en dit reën
Dan verdrink ek in jou skrefies oë jou sagste sagste soene
En dan wonder ek waantoe is jy heen?

Dan droom ek hoe ek luister as jy saggies vir my fluister
Kom ek plak ‘n pleister op jou hart
Ek’s die spesiale kruie vir jou siel se diepste snye
Die rooiwyn sonder kopseer vir jou pyn

Maar dis lankal verby kwart voor elf
Toe ek weer in my hart gaan delf
Geluk lê nie by jou nie maar by my

Ek is terug by die begin streep
Op 'n plaasmeisie verlief
Liewe Jesus ek vra mooi
Help my asseblief

Daar’s nog trane in my hande
Nog skade in my lande
Ek's verlief
Ek weet ek is verlief

Hartswater was vir niemand so soet nie
Soos vir my op die teerpad om vir jou te kom groet nie
Hartswater was vir niemand so soet nie
Soos vir my op die grondpad om jou weer te ontmoet nie

Hartswater was vir niemand so soet nie
Soos vir my op die teerpad om vir jou te kom groet nie
Hartswater was vir niemand so soet nie
Soos vir my op die grondpad om jou weer te ontmoet nie
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Hartswater

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de la croix
2| symbole à droite du coeur
3| symbole en bas du nuage
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid