paroles de chanson / Robbie Wessels parole / Floyd McClung lyrics  | ENin English

Paroles de Floyd McClung

Interprète Robbie Wessels

Paroles de la chanson Floyd McClung par Robbie Wessels lyrics officiel

Floyd McClung est une chanson en Afrikaans

Die Bosveld stilte het sy hart gesteel dit het snags by hom kom spook
As hy langs sy vroutjie in sy bed gelê het in die ou Mississippi strook
Hy’t die witstinkhout die kameeldoring en die sekelbos geruik
As hy voor die TV in sy camouflage broek na sy jagtripfotos kyk

Hy’s ‘n Amerikaanse boogskutjagter uit die Mississippi vallei
Hy’t sy jaglisensie in die vroëe dertigs op ‘n leeujagtog gekry
In daai jare vir jou jaglisensie moes jy vêr kon leopard crawl
En om die vel te spaar met ‘n pyl en boog ‘n leeu skiet in sy

Floyd McClung hy’s nie bang
Vir die leeu se brul of die jakkals blaf nie of die gif van die boomslang
Die renosterhoring die heïnagrom nie of die seekoei in die dam

Hy trek sy camouflage broek en sy baadjie aan
Sy handskoene en sy boots
Hy trek sy camouflage hoed en sy face paint aan
Hy gaan terug na sy roots

Smeer bietjie bokpiepie onder sy kieliebakkie en ‘n bokdrol in sy hoed
Want ou Floyd McClung van die Mississippi het die Bosveld weer kom groet

Ou Floyd McClung het sy naam gemaak op ‘n Bosveldplaas een jaar
Soos die manne een aand om ‘n bosveldvuur vir die kole sit en staar
Sê Floyd McClung hy gee ‘n duisend rand vir die man wat hom kan vind
In sy camo outfit by die bosskuiling naby Faan se uitkykpunt

Soos die bakkie stilhou by die uitkykpunt vat ou Floyd sy pyl en boog
En hy verdwyn met eens en kan jy hom nie meer sien met die blote oog
Halfvyf die middag in die Bosveldson soek die manne nog verwoed
Sien net ‘n kudu hier en ‘n vlakvark daar en ‘n spoor van gemsbok bloed

Floyd McClung hy’s nie bang
Vir die leeu se brul of die jakkals blaf nie of die gif van die boomslang
Die renosterhoring die heïnagrom nie of die seekoei in die dam

Hy trek sy camouflage broek en sy baadtjie aan
Sy handskoene en sy boots
Hy trek sy camouflage hoed en sy face paint aan
Hy gaan terug na sy roots

Smeer bietjie bokpiepie onder sy kieliebakkie en ‘n bokdrol in sy hoed
Want ou Floyd McClung van die Mississippi het die Bosveld weer kom groet

Waar waar is jou boog wys my jou pyl?
Hoe hoe is jou oog waar gaan jy skuil?
As die grootvoete nader heïenas vergader
As die leeuwyfie langs jou kom lê
Hier’s wat hy sê

Trek jou camouflage broek en jou baadtjie aan
Jou handskoene en jou boots
Trek jou camouflage hoed en jou face paint aan
En gaan terug na jou roots

Smeer bietjie bokpiepie onder jou kieliebakkie en ‘n bokdrol in jou hoed
Ja ou Floyd McClung van die Mississippi het die Bosveld weer kom groet

Ja ou Floyd McClung van die Mississippi het die Bosveld weer kom groet
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Floyd McClung

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche du casque
2| symbole en bas du cadenas
3| symbole à gauche de la poubelle
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid