paroles de chanson / Robbie Wessels parole / Brief Vir Brolloks lyrics  | ENin English

Paroles de Brief Vir Brolloks

Interprète Robbie Wessels

Paroles de la chanson Brief Vir Brolloks par Robbie Wessels lyrics officiel

Brief Vir Brolloks est une chanson en Afrikaans

Beste Brolloks
Ek voel eienaardig om vir jou nou hierdie brief te skryf
Maar jy's my boetie en ek moet dit uit my system dryf
Hulle sê mens gaan oorsee mos om jouself te vind
Om te gaan seker maak of is jy pa en ma se kind

In 'n park het ek gistraand gedink ek sien vir my
Maar toe ek nader loop toe sien ek dis nie ek nie dit is jy

Jou hare was gekoek en op jou skouers
Daar was melk in jou baard
Op jou hemp het daar gestaan ek mis my ouers
Jy was bang en desperaat

Jy't na pilchards en na knoffel en na sweet geruik
Daar was plaak in jou tanne
Toe jy my sien het dit gelyk of jy verby my kyk
Toe sê jy wat sê die manne

Living in the dream living in the dream
Living in the dream living in the dream

Nou dis winter hier in Holland en ek sê vir jou
Jy kan bly wees jy't vir Poepsak om aan vas te hou
Want hier het dit gelyk of jy alleen rondloop
Ek onthou nou jy't vir elk van ons 'n pie gekoop
En toe ek vra of jy darem geld het het jy ja geknik
Maar met trane in jou oë toe aan jou pie verstik

Ek vra toe waarnatoe van hieraf sê jy Viëtnam
Om te gaan fight vir jou land
Terwyl jy kleingeld lê en uitduik in ‘n wensdam
Die pond is sterk teen die rand

Toe begin jy goeters sê wat glad nie sin maak
Goed soos viva die Viëtnamees
En jy bewe van die koue in die wensdam
En die snot vries in jou neus

Living in the dream living in the dream
Living in the dream living in the dream

Nou ek hoop nie jy's ontsteld nie maar ek moes jou sê
Hierdie ding het my gepla en op my hart gelê
O ja ‘n vriend het my gebel gesê hy't hom verbeel
Hy't my gesien waar ek in België my hart uitspeel
Met my kitaartas op die grond in die reën en in die wind
So ek's oppad soontoe om myself te gaan vind

Dis lyk my vyf en twintig Euro ‘n lisensie
Om te kan sing op die straat
Maar hulle gee dit nie sommer vir ‘n mens nie
Tensy jy mooi met hulle praat

En nou wil ek die Leeuloop in Parys gaan sing
Iewers in 'n rock 'n roll bar
Dan wil ek terug gaan na my land en na my mense toe
Want pa het my daar iewers gewaar

Living in the dream living in the dream
Living in the dream living in the dream
Living in the dream living in the dream
Living in the dream living in the dream

P.S.
Groete vir Poepsak
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Brief Vir Brolloks

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite de la cible
2| symbole en haut du smiley
3| symbole à droite du téléviseur
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid