paroles de chanson / Refentse parole / Melans Mnel lyrics  | ENin English

Paroles de Melans Mnel

Interprète Refentse

Paroles de la chanson Melans Mnel par Refentse lyrics officiel

Melans Mnel est une chanson en Afrikaans

Ek onthou nog daardie maande
Van biltong kou en groen lande
Het toe gereën waar jou beeste wei
Van somerliefde of soet turksvy

Ek onthou nog jou glimlag
Jou nimmer sorge en skaterlag
So ek skryf nou hierdie briefie aan jou
Maar ek lees hom self want die waarheid is flou

Hoeveel keer versuim om te sê
Wat op die tafels van my hart lê?
Hier staan ek nou met my hart teen die mou
Seker dat ek van jou hou

Maar hey there Melans Mnel
Jy was eens my beste pel
Jy kan seker nie onthou nie
So dis beter as ek net vertel
So dis beter as ek net vertel

Ek hoor sy't toe 'n deksel gekry
Maar hy pas nie mooi nie want sy hoort mos by my
Maar ek wens vir hom 'n blikkitaar
Met sewe snare vol liefde vir haar

Sodat die kamers van haar hartjie kan sing
Liedere wat vrede en vreugde bring

Hoeveel keer versuim om te sê
Wat op die tafels van my hart lê?
Hier staan ek nou met my hart teen die mou
Seker dat ek van jou hou

Maar hey there Melans Mnel
Jy was eens my beste pel
Jy kan seker nie onthou nie
So dis beter as ek net vertel
So dis beter as ek net vertel

Sy's die wêreld waai my woorde in die warrel van die wind
Dieselfde wind van Koos se kinders of selfs 'n warrel minder
Sy het liefde vir die liedere sy het liefde word gebou
Sy het liefde tot die honderde sy het liefde wat kan klou

Sy is romantiek die romantikus
Sy verbeter die eetlus van my hartskat se kis

Hoeveel keer versuim om te sê
Wat op die tafels van my hart lê?
Hier staan ek nou met my hart teen die mou
Seker dat ek van jou hou

Maar hey Melans Mnel
Jy was eens my beste pel
Jy kan seker nie onthou nie
Jy kan seker nie onthou nie

Hoeveel keer versuim om te sê
Wat op die tafels van my hart lê?
Hier staan ek nou met my hart teen die mou
Seker dat ek van jou hou

Hey there Melans Mnel
Jy was eens my beste pel
Jy kan seker nie onthou nie
So dis beter as ek net vertel

So dis beter as ek net vertel
So dis beter as ek net vertel
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Melans Mnel

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche du coeur
2| symbole à gauche du casque
3| symbole à gauche de la poubelle
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid