paroles de chanson / Louis Brittz parole / N Handvol vars genade lyrics  | ENin English

Paroles de N Handvol vars genade

Interprète Louis Brittz

Paroles de la chanson N Handvol vars genade par Louis Brittz lyrics officiel

N Handvol vars genade est une chanson en Afrikaans

Daar's alweer ‘n nuwe mode gier wat die klere in ons land betref
Ja die kinders lyk al erger elke dag
En ‘n nuwe klank het opgegaan vir musiek in hierdie land
Hoor die kinders juig oor Ouma Briel en Johannes Voëlvry Orrel
En die eindklok lui vir die FAK en WAG

Die Japenese maak ‘n nuwe kar en die Duitsers maak dit na
En oor drie jaar is die nuwe kar dalk hier
En ‘n nuwe dag breek aan vir politiek in hierdie land
Daar's ‘n nuwe lig en 'n nuwe gees, ja daars soveel nuwe dinge
Maar daar's niks so nuut soos die More Lig en Sy liefde elke dag

Om na ‘n harde val weer op te staan en met ‘n glimlag deur valleie gaan
En jou hand ryk na die hemel waar Sy liefde vir jou wag
Om ‘n helder nuwe lied te sing as Sy woorde vir jou vreugde bring
Daar's ‘n handvol vars genade vir ‘n splinternuwe dag

Daar's ‘n nuwe gees van vrede wat die leiers aan die praat het
Maar in die verte kan jy oorlog's krete hoor
En ‘n nuwe wet op aborsies wat die kerke aan die huil het
Maar dis goeie nuus vir die wredes want na soveel lange jare
Kan jy wetiglik jou eie kroos vermoor

Jou buurman het ‘n nuwe vrou, dis die derde een in twee jaar
En ‘n nuwe kind wat rondkruip oor die gras
Jyt ‘n nuwe speeld en ‘n nuwe werk en uiteindelik ook ‘n nuwe kerk
In die oorlog teen verveling is daar soveel nuwe dinge
Maar daar's niks so nuut so die More Lig en Sy liefde elke dag

Om na ‘n harde val weer op te staan en met ‘n glimlag deur valleie gaan
En jou hand ryk na die hemel waar Sy liefde vir jou wag
Om ‘n helder nuwe lied te sing as Sy woorde vir jou vreugde bring
Daar's ‘n handvol vars genade vir ‘n splinternuwe dag

Om na ‘n harde val weer op te staan en met ‘n glimlag deur valleie gaan
En jou hand ryk na die hemel waar Sy liefde vir jou wag
Om ‘n helder nuwe lied te sing as Sy woorde vir jou vreugde bring
Daar's ‘n hand vol vars genade vir ‘n splinternuwe dag
Daar's ‘n handvol vars genade vir ‘n splinternuwe dag
Vir ‘n splinternuwe dag
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de N Handvol vars genade

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite de la croix
2| symbole en bas de l'oeil
3| symbole à gauche de l'appareil photo
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid