paroles de chanson / Carike Keuzenkamp parole / Sarah De Jager lyrics  | ENin English

Paroles de Sarah De Jager

Interprète Carike Keuzenkamp

Paroles de la chanson Sarah De Jager par Carike Keuzenkamp lyrics officiel

Sarah De Jager est une chanson en Afrikaans

By Myl 61 ja, daar draai jy af en dan vat jy die pad na die see
Hier lê die visplek van Sarah de Jager, aan die Weskus van Namibië
Sarah de Jager was so sterk soos 'n bees met haar viskêps en kakiebroek
Om haar te sien visvang is vistermansfees want die visse baklei vir haar hoek

Sarah, Sarah de Jager, hierdie visplek van jou is vol vet kabeljou
En die steenbras en galjoene laat waai aan die kus noord van Hentiesbaai

Die manne, die dop en die brandewyn skop en die son brand en vreet jou lyf
Die streepsak raak vol maar katrolle bly rol en die lyne staan almal styf
Hier het ou Sarah die manne geleer hoe 'n visstok 'n boog moet staan
Met stok in die maag teen die duin retireer kom die vet visse blinklyf aan

Sarah, Sarah de Jager, hierdie visplek van jou is vol vet kabeljou
En die steenbras en galjoene laat waai aan die kus noord van Hentiesbaai

Sarah, Sarah de Jager, Sarah de Jager

Vanaand as die son in die branders gaan slaap en die koue sak toe oor die kus
Dan sit die manne by die vure en gaap en hul spog oor die grootste vis
Maar Sarah de Jager spook die hele nag deur in die droom van 'n visterman
Want hier langs die Weskus is daar niemand meer wat 'n knewel soos sy kan vang

Sarah, Sarah de Jager, hierdie visplek van jou is vol vet kabeljou
En die steenbras en galjoene laat waai aan die kus noord van Hentiesbaai

Sarah, Sarah de Jager, hierdie visplek van jou is vol vet kabeljou
En die steenbras en galjoene laat waai aan die kus noord van Hentiesbaai

Sarah, Sarah de Jager, Sarah de Jager
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Sarah De Jager

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut du cadenas
2| symbole à gauche du téléviseur
3| symbole en bas de l'ampoule
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid