paroles de chanson / Carike Keuzenkamp parole / Papillon lyrics  | ENin English

Paroles de Papillon

Interprète Carike Keuzenkamp

Paroles de la chanson Papillon par Carike Keuzenkamp lyrics officiel

Papillon est une chanson en Afrikaans

Jy't my geneem op paaie deur die skoonheid van ons land
Na die sneeu bedekte berge by Franschhoek
Jy't my oë gewys op blomme, in die verte teen die rand
Maar jou hart bly altyd 'n geslote boek

Van die Vaal tot in Oranja, het ons land en sand gepraat
Oor die droogtes in die Vrystaat en Transvaal
Jy't gevra oor al my lieftes en die dinge wat ek haat
Maar jou eie hart was moeilik te bepaal

Papillon, papillon, papillon
Klim maar skoenlapper uit jou kokon
Elke môre op reis om jou ware kleur te wys
Kyk die wêreld in die oë my papillon

Papillon, papillon, papillon
Neem my saam op jou reis na die son
Op jou drome se rug soos 'n skoenlapper in vlug
Is jou ook my vlindervlerk my papillon

In Namaqualand was blomme, ons het stadiger gery
Jy't gesê die mooiste blom is net vir my
Maar soos berge in die verte was jy skielik weer daar ver
Onbereikbaar en afsydig soos 'n ster

Op ons terugreis na die Noorde wou ek soveel dinge weet
Sou jy iewers in die goudstad weer verdwaal
Jy was steeds die man van vroeër, ag hoe kon ek dit vergeet
En die sluier oor jou hart daarna gehad

Papillon, papillon, papillon
Klim maar skoenlapper uit jou kokon
Elke môre op reis om jou ware kleur te wys
Kyk die wêreld in die oë my papillon

Papillon, papillon, papillon
Neem my saam op jou reis na die son
Op jou drome se rug soos 'n skoenlapper in vlug
Is jou ook my vlindervlerk my papillon

Ag ek wens jy wil breuk uit jou kokon
Dat ek net maar 'n deeltjie kan verstaan
Wys my net maar 'n brokkie van jou son
Neem my saam (Neem my saam)
Papillon

Papillon, papillon, papillon
Klim maar skoenlapper uit jou kokon
Elke môre op reis om jou ware kleur te wys
Kyk die wêreld in die oë my papillon

Papillon, papillon, papillon
Neem my saam op jou reis na die son
Op jou drome se rug soos 'n skoenlapper in vlug
Is jou ook my vlindervlerk my papillon

Breek die skild van jou kokon, spry jou vlerke teen die son, vlieg dan weg papillon (Papillon)
Papillon (Papillon)
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.
Copyright: MUSIC SALES CORPORATION

Commentaires sur les paroles de Papillon

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du téléviseur
2| symbole à gauche du nuage
3| symbole en haut de l'horloge
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid