paroles de chanson / Carike Keuzenkamp parole / Moses lyrics  | ENin English

Paroles de Moses

Interprète Carike Keuzenkamp

Paroles de la chanson Moses par Carike Keuzenkamp lyrics officiel

Moses est une chanson en Afrikaans

In 'n mandjie op die Nylrivier met 'n babatjie daarin
Dis waar hierdie storie van Moses nou begin
Prinses wat daar gaan swem het, het vir Moses daar gekry
Hom groot gemaak, in Pharo se paleis kon hy toe bly

Moses het gesondig en moes toe weer verdwyn
In die nag moes hy vertrek en gaan skuil in die woestyn
Skape opgepas tot die Heer aan hom verskyn
En sê hy moet 'n volk uitlei van slawerny en pyn

Moses in die riete is gekies om Israeliete uit Egipteland te lei om in Kanaan te gaan bly
Die Rooisee middeldeur gesny en water uit 'n rots gekry
Veertig jare rond getrek, met 'n wolk wat hulle lei
Voor die Israeliete in Kanaan kon gaan bly

Na die tien plae in Egipte
Het Pharo hul laat gaan
Hul trek tot by die Rooisee
Daar het hul gaan staan

Moses het sy staf geswaai en die see het oop gegaan
En almal kon daar deurtrek en die krag van God verstaan

En eendag roep die Here, vir Moses na die berg
En sê hy moet tot bo-klim, vir Moses was dit erg
Daar kry hy klip tafels, met die wet in gegraffeer
Dit was die tien gebooie
Wat hy die volk moes leer

Moses in die riete is gekies om Israeliete uit Egipteland te lei om in Kanaan te gaan bly
Die Rooisee middeldeur gesny en water uit 'n rots gekry
Veertig jare rond getrek, met 'n wolk wat hulle lei
Voor die Israeliete in Kanaan kon gaan bly

Moses in die riete is gekies om Israeliete uit Egipteland te lei om in Kanaan te gaan bly
Die Rooisee middeldeur gesny en water uit 'n rots gekry
Veertig jare rond getrek, met Moses wat hulle lei
Voor die Israeliete in Kanaan kon gaan bly
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Moses

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas de la poubelle
2| symbole en bas de l'enveloppe
3| symbole à droite de l'horloge
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid