Pa se Huis is a song in Afrikaans
Dis koud hier buite
Dis koud hier in my hart
Die sonde het my leeg getap
Wat beken die wegloop pad
Verstote
Vergete
Maar niemand weet eintlik hoe ek soek nie
Dis leeg hier buite
Maar daar binne sien ek rus
Maar hoe vind ek, 'n wegloop kind
Die pad terug na Sy huis?
So verstote
Vergete
Maar niemand weet eintlik hoe ek soek nie
En niemand weet eintlik hoe ek dors nie
Tog iewers in die verte hoor ek 'n ou vervreemde stem
Van 'n Pa wat vir my wag en na my roep
Ja iewers in die verte hoor ek 'n ou vervreemde stem
Van 'n Pa wat vir my wag en na my roep
Waar is jy?
Waar is jy?
Wat maak jy nog daar buite
As liefde vir jou wag?
Kom terug na my
Kom terug na my
Na die huis waar liefde lewe
En 'n feesmaal vir jou wag
Die kruisdeur staan wawyd oop
Maar jy moet kom
Maar U ken tog my verlede
En die gal wat ek gedrink het
Ek is die naam van kind nie wat
En hier buite moet ek bly
Verstote
Vergete
Maar niemand weet eintlik hoe ek soek nie
En niemand weet eintlik hoe ek dors nie
Tog iewers in die verte hoor ek 'n ou vervreemde stem
Van 'n Pa wat vir my wag en na my roep
Ja iewers in die verte hoor ek 'n ou vervreemde stem
Van 'n Pa wat vir my wag en na my roep
Waar is jy?
Waar is jy?
Wat maak jy nog daar buite
As liefde vir jou wag?
Kom terug na my
Kom terug na my
Na die huis waar liefde lewe
En 'n feesmaal vir jou wag
Die kruisdeur staan wawyd oop
Maar jy moet kom
Jy moet kom
Ek kan nie 'n dag langer sonder U nie
Here ek gee op en ek gee oor
Here kom skenk my weer geboorte
Maak my net en maak my vry, met alles in my glo ek
Die kruis was vir my
En ek kom terug
Ek kom terug
Ek's klaar belieg daar buite
U liefde het gewen
Ek kom terug
Ek kom terug
Na die arms van my Vader
Waar ek genade ken
Die kruisdeur staan wawyd oop
En ek het gekom
Ek het terug gekom
Ek's weer by die huis
In my Pa se huis