paroles de chanson / Romanz parole / Hierdie Kind lyrics  | ENin English

Paroles de Hierdie Kind

Interprète Romanz

Paroles de la chanson Hierdie Kind par Romanz lyrics officiel

Hierdie Kind est une chanson en Afrikaans

Wie sou kon dink dat eeue terug soos die profete sê
In Betlehem 'n Kind sou kom wat in 'n krip sou lê

En wie sou kon dink dat hierdie Kind, Maria en Josef se seun
Die sonde van hierdie wêreld
Op Homself sou neem

En wie sou kon glo dat hierdie Kind wat lag, en speel, en sing
Vir al Sy maatjies in die buurt en vir ons die lig sou bring

En wie sou kon droom dat hierdie Kind die wonder laat gebeur
Dat dooies opstaan en dowes hoor en sondaars hul bekeer

En wie sou kon raai dat hierdie Kind vir 'n wêreld se pyn en nood
As Verlosser aan 'n kruis sou sterf en opstaan uit die dood

En o ek weet, ek weet dit gewis, dat hierdie Kind die Redder is
En o ek glo, ek glo dit gewis, dat hierdie Kind ons hoop en redding is

Soos die jare kom en gaan
Sedert daardie dag
Soek die mense steeds na lig, nog nooit was dit só nag

Volke veg teen volke
Een broer teen 'n ander
Wit teen swart, en swart teen wit, dit het nog nooit verander

En soveel mense wêreldwyd leef steeds in hongersnood
En atoombomme, en VIGS, en aborsies maak miljoene mense dood

En die dwaasheid van die mensheid word die wysheid van die uur
En strome vuil besoedeling
Vernietig die natuur

Maar ten midde van al hierdie chaos
Wat ons glad nie meer kan keer
Weet my hart verseker
Hierdie Kind kom weer

En o ek weet, ek weet dit gewis, dat hierdie Kind die Redder is
En o ek glo, ek glo dit gewis, dat hierdie Kind ons hoop en redding is

Wie sou kon dink dat hierdie Kind weer eendag terug sou keer
Om as Regter te kom oordeel en as Koning te regeer

O ek weet, ek weet dit gewis, dat hierdie Kind die Redder is
O ek glo, ek glo dit gewis, dat hierdie Kind ons hoop en redding is (O ek glo)
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Hierdie Kind

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du smiley
2| symbole à droite du cadenas
3| symbole à droite du casque
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid