paroles de chanson / Laurika Rauch parole / Stuur Groete Aan Mannetjies Roux lyrics  | ENin English

Paroles de Stuur Groete Aan Mannetjies Roux

Interprète Laurika Rauch

Paroles de la chanson Stuur Groete Aan Mannetjies Roux par Laurika Rauch lyrics officiel

Stuur Groete Aan Mannetjies Roux est une chanson en Afrikaans

My oom se motor is 'n ou masjien
Hy maak dit vol met diesolien
En hy sing in die strate as hy ons kom sien
My oom is oud en ek is skaars dertien

My oom drink koffie en my tannie tee
Ek vra oor die reën en hy se, ja nee
En hy drink soet koffie met sy een oog toe
En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux

O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het 'n tenk vol diesolien
En seën my pa
En seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika

Maar my oom het gesukkel op die plaas
Want die son was te warm en die reën te skaars
En die man van die bank het net sy kop geskud
Want my oom, ja my oom was te diep in die skuld

My oom se motor is 'n ou masjien
Hy maak dit vol met diesolien
En hy ry na die lande in die oggend dou
Die lande vaal en sy oë grou

O stuur ons net so 'n bietjie reen
My oom het 'n tenk vol diesolien
En seën my pa
En seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika

En as jy in die oggend in die lande stap
Hoor jy nog sy motor met die klap klap klap
Maar my oom, ja my oom se oë is nou albei toe
In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux

O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het tenk vol diesolien
En seën my pa
En seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Stuur Groete Aan Mannetjies Roux

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite de la calculatrice
2| symbole en haut du smiley
3| symbole en bas de la valise
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid