paroles de chanson / Laurika Rauch parole / Sy's Al Wat Ons Het lyrics  | ENin English

Paroles de Sy's Al Wat Ons Het

Interprète Laurika Rauch

Paroles de la chanson Sy's Al Wat Ons Het par Laurika Rauch lyrics officiel

Sy's Al Wat Ons Het est une chanson en Afrikaans

Iewers klink die eggo, nog ‘n skoot uit ’n geweer
Iewers vlug daar diere en ’n groot boom val neer
Iewers in die verte word nog ’n stad gebou
Iewers vaar ’n vragskip oor die see se laaste blou

En iewers onder alles, sug moeder aarde swaar
Sy kyk oor haar skouer, sy tel nog ’n jaar
Sy dink aan toe sy jonk was en mooi en sonder pyn
Maar nou is dinge anders, sy voel die lewe verdwyn

Sy vryf haar moeë bene, sy’t ’n lang pad geloop
Sy wonder oor haar kinders, dis haar heel laaste hoop
Sy vou haar hande saam soos ’n eensaam gebed
O, wanneer gaan ons leer, sy’s al wat ons het

Moeder aarde draai haar om uit die son se ergste brand
En sy droom van digte woude en haar oë waai vol sand
Sy soek na haar kinders maar hul dans nou met musiek
Langs duisend vuil riviere, langs berge van plastiek

Sy vryf haar moeë bene, sy’t ’n lang pad geloop
Sy wonder oor haar kinders, dis haar heel laaste hoop
Sy vou haar hande saam soos ’n eensaam gebed
O, wanneer gaan ons leer, sy’s al wat ons het

Sy vou haar hande saam soos ’n eensaam gebed
O, wanneer gaan ons leer, sy’s al wat ons het
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Sy's Al Wat Ons Het

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas de la croix
2| symbole à droite du pouce en l'air
3| symbole à droite de la loupe
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid