song lyrics / Elizma Theron / Rina Hugo Treffer Medley lyrics  | FRen Français

Rina Hugo Treffer Medley lyrics

Performers Elizma TheronTarryn LambElandré SchwartzNicholisKurt DarrenLeahNicholis LouwLiezel PietersElandre

Rina Hugo Treffer Medley song lyrics by Elizma Theron official

Rina Hugo Treffer Medley is a song in Afrikaans

Hoor jy my stem oor die see?
Dit klink so ver oor die water
Dit het die klank van die wind wat waai
Dit het die kleur van verlang

Ek roep uit oor die see
Ek’s so alleen sê my waarom?
Hoor jy my stem roep na jou?
Hoor jy my vra sê my waarom?
Hoor jy my stem roep na jou?
Hoor jy my vra waar is jy nou?

Die branders brand sag teen die rots waar ek wag in my sonskynland
'n Visser vaar uit voor die seemeeu geluid van 'n Kaapse strand
Hul lag en gesels met 'n kinder geloof in die vissermanshand
En dis hoe ek glo jy sal terugkom na my in die sonskynland

Ek sien vandag die son weer skyn
Somer en see vir ons samesyn
Kyk na die hemel die helder blou
En in die sonskyn wag ek vir jou

Van vroegaand al skyn die hawe se ligte
Hul knipoog en dans oor die kaai
Die nagwind waai koud daar is reën in die lug
Ek voel nie die sproei teen my waai

Dis so eensame pad
Die afskeid lê swaar in my hart

Ek mis jou elke dag 'n bietjie meer
Die dae wat vreugde was is nou net seer
Elke dag word 'n weer probeer
Of is alles verby?
Ek mis jou elke dag 'n bietjie meer

As die Drakensberge wit lê
Witter as die winter grou
Bring dit weer die groot verlange
Na winternagte saam met jou

Drakensberge van verlange
Teen jou hange huil die wind
Sal ek in skarlakenberge
Jou ooit eendag weer kan vind?

Troepie Doepie wanneer kom jy huis toe?
Uit die vreemde hoor jy hoe ek roep
Stap deur bos en sand en doen jou plig teenoor jou land
Maar kom terug na my my Troepie Doe
Maar kom terug na my my Troepie Doe

Ek wag op die vroeë moreson teen die mure
Beplan maar ek weet hoe die dag gaan ontvou
Want jy, jy vul al vier-en-twintig mooi ure
Ek raak bang want die kring om myself raak nou

Net 'n tikkie vryheid
Dis tog al wat ek vra
Waar ek fantaseer en droom en dink en niemand my pla
Net 'n tikkie vryheid
Moet ek êrens behou
My lewe en my liefde gee ek aan jou
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Rina Hugo Treffer Medley lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the cross
2| symbol at the top of the television
3| symbol at the top of the thumbs up
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid