paroles de chanson / Neil Sandilands parole / Harry Wolhuter lyrics  | ENin English

Paroles de Harry Wolhuter

Interprète Neil Sandilands

Paroles de la chanson Harry Wolhuter par Neil Sandilands lyrics officiel

Harry Wolhuter est une chanson en Afrikaans

In Skukuza agter glas
Is ‘n leeuvel en ‘n mes
Van ‘n legende wat oorleef het
Lank na die runderpes

‘n Ruiter in die bosveld
Met sy hingsperd en ‘n brak
kom sit dat ek vertel
hoe word ‘n mes ‘n artefak

By Blokman Thomas Williams
het Harry ‘n mes gesteel
Ironies dat dit so was
na die oorlog se geheuel

Ek is Henry Stoffel Wolhuter
“Harry” roep hul my
Ek's in Beaufort Wes gebore
en het op 14 trein gery
na Maraisburg in Gomorra;
maar daar wou ek nie bly
Ek kies koers na Legogote
om beeste te kan wei

My kudde vrek van runderpes
dit moet ek bely
Swartwaterkoors vat nege man
ek's al wie staande bly

Stevenson-Hamilton,
oftewel die Kolonel
Stel my voor die vraagstuk
Wil jy baklei of diere tel?

Van jagter na bewaarder
Transformeer ek soos ‘n mot
Die veld die is my hartklop
Ek kies Pretoriuskop

Daai mes die dra ek altyd saam
dis ‘n nederige variant
Maar karkasse kan hy oopvlek,
so ook drek en boos kalant

Laatmiddag in die langgras
brul twee gediertes met ‘n doel
Die blokman wink,
die perd gee gas,
my brak se naam is Bull
Hoewe klap soos skote
maar al wat ek het is mes
Ek val tromp-op op die een leeu
hier kom ‘n lewensles

My naam is Harry Wolhuter
ek't vir Steinacker perd gery
Maar na die Boereoorlog
het ek die veld meer lief gekry
“Hy't 'n yster konstitusie”
só skryf Hamilton oor my
Min weet hy van verbetenheid
om teen ‘n leeu die stryd te stry

My naam is Harry Wolhuter
en Swazi kon ek praat
Ingwenyama en die swartvolk
het respek vir my gelaat
Die veld het ek beskerm
elke maanhaar elke bleekblaar
Ek het erfenis gedien vir 44 jaar.

Tande kraak my skouer oop
Ta sleep my deur die veld
Bull wat blaffend uitbasuin
“Vandag vrek hier ‘n held!”
Gaan ek hemel of dan hel toe?
Voor my oë sien ek die hek
Ek steek toe met die ander hand
twee keer die hart eenkeer die nek

Daar slap links van die paadjie
lê ‘n leeu wat stadig vrek
Met net een arm het ek my
in die valsdoring opgetrek
Met gordel het ek my aan die
bleekblaar vasgemaak
en oorleef tot Bull die redding bring
Die Here het oor my gewaak!

Zoeloe: ""The lion is strong. His strength came to an end.""
""In Skukuza, Harry made history.”

Xhosa:
*Inda ayiphela'mandla- man never loose his power
*Ingonyama- The Lion
*Ingonyama natsi iyeze- The Lion is coming
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Harry Wolhuter

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite de la croix
2| symbole à gauche de l'appareil photo
3| symbole en bas de l'ampoule
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid