paroles de chanson / Neil Sandilands parole / Breek 'n Brood lyrics  | ENin English

Paroles de Breek 'n Brood

Interprètes Neil SandilandsGian Groen

Paroles de la chanson Breek 'n Brood par Neil Sandilands lyrics officiel

Breek 'n Brood est une chanson en Afrikaans

Baie bly dat jy vir my hier kom kry, my ou maat
Sê my bietjie een ding, is jy steeds so fokking kwaad?
Is goed om jou te sien, kan ons stilsit bietjie praat?
Want die skadus is al nou lank, my broer
en die lente bietjie laat

Die wêreld was nog jonk daai tyd, die boewe bietjie boos
Onselwers dig en dom daai tyd en gans te goddeloos
Kom sit hier in die braakland, tjom
tussen wes en oos
Die berge het nou grys geword en die kneukels vuiste voos

Ek sou jou bitter graag wou bliksem, broer
Ek aanvaar jy ook vir my
Ek sou hier opstaan en jou size maak
as die beendere net wou bly
Ek sou een vir een jou vuiste vat,
Ek is lank verby seerkry
Want daai't nog nooit gewerk nie, broer
so sê samblief vir my

Hoe lyk dit met 'n drukkie?
Ek weet dis bietjie gay,
Maar ek sou smaak om jou van vooraf
anders lief te kry
En as die winde in ons guns waai,
Jy ook vir my.

Vertel my alles wat gebeur het toe,
elke lag en elke pyn
Ek weet ons huil nie voor mekaar nie,
maar kom ons vat nog 'n slukkie wyn
Breek 'n brood, tan 'n tjop,
sit af die selfoonsein
Dis net ek en jy hier vanaand,
sit jou hoed op, ons gaan myn.

Sewe maere jare en toe sewe lekker vet
En als toe weer van voor af,
dis die truuk ja dissie pret
Kinders by dosyne en die langarm van die wet
cchilles is 'n bliksem, broer,
kyk my merke, ek sê maar net

So kom ons om, my tjom, so kom ons om
Die trom, die trom,
ek hoor hoe slaan die trom
So kom ons om, my tjom
so kom ons om
Kom ons hou vas vanaand
ek weet jy gee ook om

Ek sou jou bitter graag wou bliksem, broer
Ek aanvaar jy ook vir my
Ek sou hier opstaan en jou size maak
as die beendere maar net wou bly
Ek sou een vir een jou vuiste vat
ek's lank verby seerkry
Want daai't nog nooit gewerk nie, broer
so sê samblief vir my

Wat sê jy oor 'n drukkie?
Ek weet dis bietjie gay
Maar ek sou smaak om jou
van vooraf anders lief te kry
En as die winde in ons guns waai,
Jy ook vir my.

Dit was so goed om jou te kon sien, my ou broer
‘n Bietjie brood te breek,
‘n Bietjie kak te praat,
in die kas te koekeloer
Gaan jou goed, maak jy mooi
al bly jy daar en ek bly doer.
Ons is baie maar dieselfde, tjom
ons wil altwee eintlik boer.

Gee my 'n druk
my hel my ou pel
Sit neer jou bier
Hou dit net hier
Tien-vier tien-vier
Voel jy ook, my ou dier
Hoe brand die vuur?

Zoeloe: ""Battles between men eventually pass.""
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Breek 'n Brood

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du casque
2| symbole en haut de la cible
3| symbole en bas du nuage
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid