paroles de chanson / Manie Jackson parole / Vier klippe lyrics  | ENin English

Paroles de Vier klippe

Interprète Manie Jackson

Paroles de la chanson Vier klippe par Manie Jackson lyrics officiel

Vier klippe est une chanson en Afrikaans

Ek het daar gesit met vier klippe in my hand
Ek het die briewe en gedigte tot as verbrand
Al wat oorgebly het was om bye bye te sê
Aan die liefde wat my hart so bitter graag wou hê

Voor die sonsak het ek die water ingeloop
My nuwe lewenspad in die see gaan doop
Die vier klippe in my hand het stadig gesink
En so het my liedjie daardie dag geklink

Een vir die tye wat ek altyd wou onthou
Een vir my hart wat nog behoort aan jou
Een vir die omgee wat wie weet waar is
En die laaste een vir al die liefde wat ek mis

Toe ek gister by die rots kom waar ek weer wou groet
Stap ‘n beeldskone meisie my te gemoed
Ek sien sy het vier klippe in haar hand
En langs die rots brand briewe op die sand

Ek het gesit en wens dat ek vir haar kan sê
Dat ek weet hoe graag sy hom weer terug wil hê
My gedagtes en my woorde het ek gou verloor
Want van haar kant het ek hierdie lied gehoor

Een vir die tye wat ek altyd wou onthou
Een vir my hart wat nog behoort aan jou
Een vir die omgee wat wie weet waar is
En die laaste een vir al die liefde wat ek mis

Dis ses maande later en ek sit weer op die sand
Met vier plat klippe in my regterhand
Aan my linkerkant sit sy my arms om haar gevou
Ons klippe tref die water so klink ons liedjie nou

Een vir die tye wat ek altyd sal onthou
Een vir my hart wat nou behoort aan jou
Een vir die omgee wat ons elke dag ervaar
En die laaste een liefde my storie is klaar
Oooh is klaar
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Vier klippe

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche de la croix
2| symbole à droite du coeur
3| symbole en bas de l'enveloppe
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid