paroles de chanson / Karen Zoid parole / Die Mystic Boer lyrics  | ENin English

Paroles de Die Mystic Boer

Interprètes Valiant SwartKaren Zoid

Paroles de la chanson Die Mystic Boer par Karen Zoid lyrics officiel

Die Mystic Boer est une chanson en Afrikaans

Op 'n vaal vlakte
Het ons hom die eerste keer gewaar

Hy't snaaks gedans en weggeraak in 'n waas van walms en wind
Daar was klowe in die verte en die son was nog jonk
En grys voëls het ons dopgehou toe ons onder die oggend vir mekaar geknik het

Ons gaan hom jag
Die newels het gewink
Die dag het geruik na nuwe bloed
En gebreek

Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die swart perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer oor sy skouer

Ons loop deur die leegte
Met ons oë vasgepen op 'n stofwolk waar sy voete die aarde ontstig het met passies vol punk
En plesierigheid

Die môrestond het ons blink gesmeer met vars hoop op geluk
En wysheid en vreugde en vure vol verskeidenheid
En lig

Na die berge
Na die klowe
Na die spelonke
Dwarrel die gees
Terwyl ons, die jagters, hom bestorm
Met nette
En tralies
En tyd

Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die swart perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer oor sy skouer

Die grense van ons mission was slegs die wind en weer
Die bliksems en donders wat bangpraat en reën bring om stof te kanselleer

Hoe groter die drang na ontmoeting met die koning van die nuwe asem
Hoe woester die tog
En hoe stiller

Daar was 'n skaduwee om merker te speel
En 'n up tempo rouklag was die magneet
En visioene
Van nuwe dinge
Was oral, oral

Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die swart perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer oor sy skouer

Skielik was daar niks
Behalwe 'n vaal vlakte en die son was ons alleen met water en jeans aan
Die danser was weg

Teen middernag was die maan treurig en mooi en die grond het gesmaak na sout
En toe die nuwe oggend opstaan uit die berg
Het grys voëls ons dopgehou

So
As jy hom sien
En jy wil hom soek
Doen dit gerus
Want dis 'n groot avontuur
Alhoewel jy eindig
Waar jy begin het

Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die swart perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer

Oor sy skouer met 'n vreemde grynslag
En dans in die nánag met die maan
Oor sy skouer met 'n oog wat uitdaag
Kom nader, kom vra my my naam

Ek's die mystic boer
Die mystic boer
Die mystic boer
Ek's die mystic boer
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Die Mystic Boer

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite de la poubelle
2| symbole à droite du smiley
3| symbole en haut de la croix
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid