paroles de chanson / Jack Parow parole / Veilig lyrics  | ENin English

Paroles de Veilig

Interprètes Jack ParowJanie Bay

Paroles de la chanson Veilig par Jack Parow lyrics officiel

Veilig est une chanson en Afrikaans

Jy's nooit alleen nie
By my kry jy nooit weer seer nie
Jy's veilig
So, baby, bly vir altyd myne

Ek is al vir dae lank verlore in 'n wilde wildernis
Ek is by 'n landsdienskamp vasgevang in die hindernis
Die voete van die verlede hardloop kort op my haksene
En die boelies van my skooldae lag vir my bakbene
Dink oor my dade onder die arms van 'n marloelaboom
Sit en skrop-skrop verniet en maak my skoene skoon

Hoekom wil jy wegstap van die bakleiery teen angs
As die see nog propvol is en jy visse steeds kan vang?
Kos loop my bord oor en lê op die tafeldoek en vrot
En die liggies van die stede trek my soos kerse vir 'n mot
Die taalkundiges bespreek, bespiegel steeds my woord
Maar ek sal baklei, tong en vuiste vir dit waarin ek glo
Ek sal antwoord op jou roepstem ek sal offer wat jy vra
Ek sal oorkom na jou voorstoep en jou groceries in dra

In jou wil en werk en wandel van jou wieg tot in jou graf
As jy bibber in jou bed wanneer die honde buite blaf
In die songloed van hou somer, in jou winternag se kou
Sal ek kom lê onder jou kombersie, en jou styf vas kom hou
By die klink van huweliks klokkies, by die kluit-klap op die kis
Stroom my stem jou nooit verniet nie, by my sal jy kan rus

Jy's nooit alleen nie
By my kry jy nooit weer seer nie
Jy's veilig
So, baby, bly vir altyd myne
By my kry jy nooit weer seer nie
Jy's veilig
So, baby, bly vir altyd myne

Ek's klaar gevlug van my probleme in die glas se rand
Ek het klaar al my slange in die gras verbrand
Ek's klaar gesoek na wat geld blykbaar sal bring
Ek is klaar aan die einde van 'n nuwe begin

Mis meer mense as wat ek al ooit kon geken het
Al baie meer verloor as wat ek al ooit gewen het
Die trane van die verlede het in 'n dam verdwyn
Daar het te veel duiwels onder in my glas verskyn

Op soek na die roet het ek myself verloor
Op soek na lig het ek myself versmoor
Afgelok van die pad deur 'n heks se kind
Gewys na my graf deur 'n Lexington
Die swart van die nag in my hart gebring
Die vers vir die dood in my hart gesing
Gestaan in die lig en die donker gemis
Klaar al my spoke in die stad laat rus

Stof op my skoene van te veel verdwaal
Klaar al my dues aan die duiwel betaal
Maar jy't gekom en my gelei en my weg gevat
So nou's ek terug in die lig en op die regte pad

Jy's nooit alleen nie
By my kry jy nooit weer seer nie
Jy's veilig
So, baby, bly vir altyd myne
By my kry jy nooit weer seer nie
Jy's veilig
So, baby, bly vir altyd myne

Jy's nooit alleen nie, daar's niks wat ek jou nie sal gee nie
By my kry jy nooit, ooit weer seer nie
Jy's veilig
By my het jy 'n skuiling, so, baby, asseblief bly vir altyd myne
Nooit alleen nie, daar's niks wat ek jou nie sal gee nie
By my kry jy nooit, ooit weer seer nie
Jy's veilig
By my het jy 'n skuiling, so, baby, asseblief bly vir altyd myne (Myne)
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Veilig

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de la calculatrice
2| symbole à droite de l'horloge
3| symbole en haut de la cible
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid