song lyrics / Richard Van Der Westhuizen / Hier Waar Jy Hoort lyrics  | FRen Français

Hier Waar Jy Hoort lyrics

Performers Richard Van Der WesthuizenAnneke Visagie

Hier Waar Jy Hoort song lyrics by Richard Van Der Westhuizen official

Hier Waar Jy Hoort is a song in Afrikaans

Jy sê my jy is sterk en jy kan stewig op jou voete staan
Al sou ons twee se paaie skei en liefde in die stof vergaan
Dink jy ons het ooit kon weet hoe bitterseer ‘n mens kan kry
Die dag toe jy die deur vir oulaas saggies toemaak agter my?

Waarheen loop jy waarvoor hoop jy?
Watter waansin dryf jou voort?
Waarom lag jy wat verwag jy?
Weerloos agter elke woord

Watter rigting bring verligting?
Ek loop suid maar jy loop noord
Dis leeg hier om my wanneer kom jy terug na my hier waar jy hoort?

Soveel vrae soveel twyfel soveel wat ons misverstaan
Terwyl ons twee soos kinders elkeen doelloos maar sy koers inslaan
Terwyl ons aanhou dwarstrek en ons koppe steeds maar aanhou stamp
Soek ek jou elke nag vergeefs hier in die ligkring van my lamp

Waarheen loop jy waarvoor hoop jy?
Watter waansin dryf jou voort?
Waarom lag jy wat verwag jy?
Weerloos agter elke woord

Watter rigting bring verligting?
Ek loop suid maar jy loop noord
Dis leeg hier om my wanneer kom jy terug na my hier waar jy hoort?

Maar tog is ek onseker in die donkernag die ure tel
En dan maar nog ‘n kers opsteek om in die vlam jou naam te spel
Weet ek ‘n deel van jou sal altyd stil en diep hier in my bly
Al sê ons wat al praat ons nooit al leef ons bymekaar verby

Waarheen loop jy waarvoor hoop jy? (Sê my waarom?)
Watter waansin dryf jou voort?
Waarom lag jy wat verwag jy?
Weerloos agter elke woord

Watter rigting bring verligting?
Ek loop suid maar jy loop noord
Dis leeg hier om my wanneer kom jy terug na my hier waar jy
Dis leeg hier om my wanneer kom jy terug na my hier waar jy hoort?
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Hier Waar Jy Hoort lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the heart
2| symbol at the top of the cloud
3| symbol at the top of the suitcase
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid