song lyrics / Richard Van Der Westhuizen / Stofpad lyrics  | FRen Français

Stofpad lyrics

Performers Richard Van Der WesthuizenAnneke VisagieKaren Wessels

Stofpad song lyrics by Richard Van Der Westhuizen official

Stofpad is a song in Afrikaans

Ek ry weer op die stofpad waar die kalkklip teen die rand bestreep
Om my waai die langgras die vlaktes lê so breed
Elke droë doringboom ‘n mylpaal êrens agter my
Die wind suis deur my hare ek het my koers gekry

Telefoonpale beestekrale vinke in die vlei
Windpomphoogte die lang lang droogte is finaal verby
Die myle word al minder soos ek oor die stofpad ry
Na die houtvuur in die klipmuur waar my liefde wag op my

Al my spoke lê soos ou geroeste wrakke langs die pad
Ek weet ek sal van nou af aan die regte afdraai vat
Die wêreld lê nou oop en bloot soos ‘n padkaart wawyd oop vir my
My hart klug al hoe harder soos ek nuwe asem kry

Telefoonpale beestekrale vinke in die vlei
Windpomphoogte die lang lang droogte is finaal verby
Die myle word al minder soos ek oor die stofpad ry
Na die houtvuur in die klipmuur waar my liefde wag op my

Sê nou maar ek kon dalk net die aarde op sy kop laat staan
Al lag lag kyk hoe tol hy in ‘n nuwe wentelbaan
Hy tol daar teen die heelal dat die silwersterre stof so staan
Op ‘n stofpad deur die ruimte wat lig bring waar hy gaan

Telefoonpale beestekrale vinke in die vlei (Vinke in die vlei)
Windpomphoogte die lang lang droogte is finaal verby (Is finaal verby)
Die myle word al minder soos ek oor die stofpad ry
Na die houtvuur in die klipmuur waar my liefde wag op my

Telefoonpale beestekrale vinke in die vlei (Vinke in die vlei)
Windpomphoogte die lang lang droogte is finaal verby (Is finaal verby)
Die myle word al minder soos ek oor die stofpad ry
Na die houtvuur in die klipmuur waar my liefde wag op my
Na die houtvuur in die klipmuur waar my liefde wag op my
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Stofpad lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the thumbs up
2| symbol at the top of the cross
3| symbol to the left of the suitcase
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid